Sonwyser

'n Sonwyser is 'n toestel wat die tyd met behulp van die son aanwys. Die sonwyser het 'n gnomon[Nota 1] wat 'n skaduwee op 'n uitgemerkte oppervlak werp. Aangesien die son se pad deur die hemel deur die aarde se breedtegraad bepaal is, word sonwysers spesifiek vir 'n bepaalde breedtegraad vervaardig met die doel dat die styl[Nota 2] van die gnomon parallel met die aarde se draaias moet lê. Op die vroegste sonwysers, val die skaduwee van die gnomon op 'n plat plaat wat óf vertikaal (vertikale sonwysers) of horisontaal (horisontale sonwysers) opgerig is.

Die nommers op horisontale sonwysers in die Noordelike Halfrond en op vertikale sonwysers in die Suidelike Halfrond volg 'n kloksgewyse patroon, terwyl die nommers op horisontale sonwysers in die Suidelike Halfrond en die vertikale sonwysers in die Noordelike Halfrond anti-kloksgewys is.[1]

In onlangse tye is ekwatoriale sonwysers ontwikkel. Ekwatoriale sonwysers het 'n geboë oppervlak met 'n gnomon in die vorm van 'n stok in plaas van 'n driehoek. Ekwatoriale sonwysers is geskik vir tropiese gebiede en horisontale of vertikale sonwysers vir gematigde gebiede.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/> tag was found

  1. (en) Vincent, Jill (2008). "The mathematics of sundials" (PDF). Austrlian Senior Mathematics Journal. University of Melbourne. 22 (1): 13–23. Besoek op 17 Desember 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne