Southwest Airlines

Southwest Airlines
IATA ICAO Roepteken
WN SWA SOUTHWEST
Gestig15 Maart 1967 (1967-03-15) (as Air Southwest)
Eerste vlug18 Junie 1971 (1971-06-18) (as Southwest Airlines)
Bedryfsbasisse
LojaliteitsprogramRapid Rewards
Vlootgrootte802[1]
Bestemmings121
Verhandel asLUV
HoofkantoorDallas, Texas, VSA
Stigters
  • Herb Kelleher
  • Rollin King
Sleutelpersone
  • Bob Jordan (HUB)
  • Gary Kelly (Voorsitter)
  • Mike Van de Ven (President & COO)
Omset VS$ 23,814 miljard (2022)[2]
Bedryfsinkomste VS$ 1,017 miljard (2022)[2]
Netto inkomste VS$ 539 miljoen (2022)[2]
Totale bates VS$ 35,369 miljard (2022)[2]
Totale ekwiteit VS$ 10,687 miljard (2022)[2]
Werknemers66 100 (Desember 2022)[2]
Webwerfsouthwest.com

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Southwest Airlines Co., gewoonlik na verwys as Southwest, is een van die grootste lugrederye in die Verenigde State en die wêreld se grootste laekoste-diensverskaffer.[3] Sy hoofkwartier is in Dallas, Texas, met geskeduleerde diens na 121 bestemmings in die Verenigde State en 10 bykomende lande.[4] In onlangse jare het Southwest meer binnelandse passasiers vervoer as enige ander Amerikaanse lugredery.[5]

Die lugredery is op 15 Maart 1967 deur Herb Kelleher en Rollin King as Air Southwest Co. gestig en het sy huidige naam, Southwest Airlines Co., in 1971 aangeneem, toe dit as 'n intrastaatlike lugredery slegs in die staat Texas begin werk het, met sy eerste vlug tussen Dallas, Houston en San Antonio.[6][7] Dit het in 1979 met streeksdiens begin en in die volgende dekades landwyd uitgebrei. Southwest bedien tans lughawens in 42 Amerikaanse deelstate en verskeie Sentraal-Amerikaanse bestemmings.

Southwest se sakemodel verskil van ander Amerikaanse lugdienste aangesien dit 'n rollende spilpunt en punt-tot-punt-netwerk gebruik en gratis ingeboekte bagasie toelaat. Dit gebruik uitsluitlik Boeing 737-stralers in sy vloot.

Die lugredery het 66 100 werknemers in diens en bedryf ongeveer 4 000 vlugte per dag gedurende die spitsseisoen.[8][9]

  1. "Southwest Airlines Fleet Details and History". Planespotters.net. Besoek op 10 Desember 2022.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 "Southwest Airlines 2021 Annual Report" (PDF). southwest.com. Southwest Airlines Co. Besoek op 21 April 2022.
  3. "How Southwest Pioneered The Low Cost Carrier Model". Simple Flying (in Engels). 29 Julie 2019.
  4. "Southwest Corporate Fact Sheet". Southwest Airlines Newsroom (in Engels). Besoek op 10 Maart 2021.
  5. "2018 Traffic Data for U.S Airlines and Foreign Airlines U.S. Flights". United States Department of Transportation BTS. 21 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2019. Besoek op 10 Oktober 2019.
  6. "Southwest Airlines – A Brief History". southwest.com. Southwest Airlines Co. 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2010. Besoek op 6 Januarie 2011. More than 38 years ago, Rollin King and Herb Kelleher got together to start a different kind of airline.
  7. "1966 to 1971". swamedia.com. Southwest Airlines Co. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2011. Besoek op 1 Junie 2011. March 15, 1967 Air Southwest Co. is incorporated.
  8. "Corporate Fact Sheet". swamedia.com. Southwest Airlines Co. 24 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2019. Besoek op 2 Julie 2019.
  9. "Southwest Reports Record Third Quarter Net Income And Earnings Per Share". Southwest Airlines Newsroom (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 24 Oktober 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne