Suid-Afrikaanse Weermag

Suid-Afrikaanse Weermag
Vlag van die Suid-Afrikaanse Weermag
Vlag van die Suid-Afrikaanse Weermag
Vlag van die Suid-Afrikaanse Weermag
Gestig 1957
Ontbind 1994
Land Suid-Afrika
Organisasie Suid-Afrikaanse Leër
Suid-Afrikaanse Vloot
Suid-Afrikaanse Lugmag
Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens
Tipe Weermag
Hoofkwartier Pretoria, Transvaal, Suid-Afrika
Aantal lede 82 400 aktiewe personeel (1982)[1]
Veldslae Suid-Afrikaanse Grensoorlog (Die "Bosoorlog")
Namibiese Onafhanklikheidsoorlog
Soweto-opstand
'n Voormalige SAW-basis te Outapi, Omusati, Namibië.

Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was die amptelike krygsmag van Suid-Afrika tussen 1912 en 1994. Dit het die koloniale krygsmagte van die Kaap die Goeie Hoop, Natal, en Transvaal vervang, en het in 1994 deel van die huidige Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag geword.

Toe die Britse kolonies in Suid-Afrika in 1910 saamgesmelt het om 'n dominium, die Unie van Suid-Afrika, te vorm, was daar vyf krygsmagte in die land: die Cape Colonial Forces, die Natal Colonial Forces, die Transvaal Volunteers, 'n afdeling van die Britse Vloot by Simonstad, en die Britse leër met garnisoene in al vier die kolonies/provinsies. Met Uniewording is die Kaapse, Natalse, en Transvaalse magte onder beheer van die Unie se nuwe verdedigingsminister, genl. Jan Smuts geplaas. In 1912 het hy hulle met 'n nuwe unie-krygsmag vervang.

  1. (en) Duignan, Peter. Politics and Government in African States 1960–1985. pp. 283–408.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne