Taj Mahal

Taj Mahal*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Taj Mahal
Ligging van Taj Mahal op 'n kaart (Indië)
Taj Mahal
Taj Mahal
Ligging van die Taj Mahal in Indië
Koördinate: 27°10′27″N 78°02′32″O / 27.17417°N 78.04222°O / 27.17417; 78.04222Koördinate: 27°10′27″N 78°02′32″O / 27.17417°N 78.04222°O / 27.17417; 78.04222
Lande Vlag van Indië Indië
Tipe Kultuur
Kriteria i
Verwysings 252
Streek Asië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1983  (7de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Taj Mahal (Oerdoe: تاج محل, Hindi: ताज महल, uitspraak: Tâdj-Mahal) is 'n 17de-eeuse gebou in die Noord-Indiese stad Agra (Uttar Pradesh) aan die oewer van die Yamuna, wat in die styl van 'n moskee opgerig is. Die naam is afkomstig uit Persies en beteken "Paleis van die kroon". Dit is 'n mausoleum wat tussen 1631 en 1648 opgerig is in opdrag van die Indiese Grootmogol, Shah Jahan, as grafmonument vir sy hoofeggenote Mumtaz Mahal, wat in 1631 in die kraambed oorlede is. Later is ook sy eie liggaam daarin begrawe. Die Taj Mahal is in 1983 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.[1]

Bouwerk aan die mausoleum is eintlik in 1643 al voltooi, maar werk aan ander fases van die projek het nog 10 jaar voortgeduur. Die Taj Mahal-kompleks is vermoedelik in 1653 in sy geheel voltooi teen ’n koste van 32 miljoen roepees (wat in 2015 sowat $827 miljoen dollar sou gewees het). Sowat 20 000 vakmanne is in diens geneem en het gewerk onder leiding van ’n raad argitekte wat gelei is deur die keiser se hofargitek, Ustad Ahmad Lahauri.

  1. "Taj Mahal" (in Engels). Encyclopædia Britannica. 8 Julie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 24 Desember 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne