Termiet

Termiet
Tydperk: 251–0 m. jaar gelede
Soldate met rooi koppe en werkers met bleek gekleurde koppe.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Isoptera
Families

Mastotermitidae
Kalotermitidae
Termopsidae
Hodotermitidae
Rhinotermitidae
Serritermitidae
Termitidae

Termiete bou groot modderstrukture waarin hulle lewe.

Termiete (Isoptera) is 'n orde van sosiale insekte wat in groot groepe lewe.

Net soos met miere is die meeste individue onvrugbaar. Die uitsondering is die koningin en jaarliks 'n aantal mannetjies, wat egter weer vinnig sterf. Sommige koninginne kan waarskynlik tot sewe jaar oud word, wat die termiet verreweg die langlewendste insek maak.

'n Kolonie termiete bevind hulle dikwels gelyktydig bo- en ondergronds en kan bogronds aan hulle termiethope uitgeken word. Die meeste soorte leef in Afrika, Asië en Oseanië. Termiete het 'n swak reputasie weens die skade wat hulle aan houtstrukture aanrig, maar is 'n onmisbare voedselbron vir sommige diere soos die ietermagog en sommige akkedisse.

Onder die termiete is daar werkers (vroulike individue) en soldate (manlike individue). Die mannetjies van sekere tropiese soorte is berug omdat hulle groot sterk kake het en selfs giftig kan wees.

Om die aantall termiete in 'n kolonie te skat word 'n sekere aantal van hulle 'n pers kleurstof gevoer wat hulle 'n pers skynsel gee. Nadat hulle met die ander termiete gemeng het, kan die persentasie pers termiete bepaal word, en kan die totale getal termiete daaruit geskat word.[1]

Termiete speel 'n belangrike rol in die natuur omdat hulle hout tot eenvoudiger organiese verbindings afbreek, maar hulle kan ook ʼn bedreiging wees deur die skade wat hulle aan huise en meubels en in die landbou en tuinbou kan aanrig.

Termiete (orde Isoptera) is insekte met 'n onvoltooide gedaantewisseling, met ander woorde die larwe gaan nie deur 'n papiestadium soos byvoorbeeld vlinders nie, maar lyk reeds soos volwasse diere. Die larwe vervel net 'n aantal kere en sekere liggaamsdele ontwikkel verder tydens die groeiproses.

Termiete het bytende monddele en gesegmenteerde voelers en kan met of sonder vlerke wees. Die liggaam is kleurloos vanweë 'n gebrek aan pigmentselle en die insekte word selde bedags gesien. Termiete word dikwels rysmiere genoem, deels omdat hulle lyfies soos ryskorrels lyk en deels omdat hulle soos miere in groot getalle aangetref word.

Hulle is egter op geen manier aan miere verwant nie. Wat uiterlike kenmerke betref, is termiete meer verwant aan kakkerlakke en sommige navorsers plaas hulle trouens in dieselfde orde, naamlik Blattaria. Die bou van die termiet se kop en vlerke stem ooreen met dié van die kakkerlak.

  1. Skaife, S.H.: The amazing world of the ant. Johannesburg: Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, 1965

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne