Trans-Neptunus-voorwerp

Vergelyking van die grootste agt TNV's: Eris, Pluto, Makemake, Haumea, Sedna, 2007 OR10, Quaoar en Orcus. Vyf van hulle het minstens een maan. Onder is die Aarde

’n Trans-Neptunus-voorwerp of TNV is ’n voorwerp in die sonnestelsel wat in ’n groter wentelbaan om die Son is as die verste planeet, Neptunus. Die eerste voorwerp anderkant Neptunus wat ontdek is, was Pluto. Die tweede, (15760) QB1, is eers in 1992 ontdek (buiten Pluto se maan, Charon, in 1978). Tans is daar meer as 1 200 trans-Neptunus-voorwerpe op die lys van die Minor Planet Center in die VSA.[1] In November 2009 is 200 van hulle se wentelbane met groot genoeg sekerheid vasgestel dat hulle permanente name gekry het.[2][3]

Die grootste bekende trans-Neptunus-voorwerpe is Eris en Pluto, gevolg deur Makemake en Haumea. Die Kuiper-gordel, verstrooide skyf en Oort-wolk is drie konvensionele groepe voorwerpe in hierdie deel van die ruimte,[4] hoewel bronne verskil en sommige voorwerpe soos Sedna nie maklik in enige van dié groepe val nie.

  1. IAU Minor Planet Center List of Transneptunian Objects
  2. List of Transneptunian objects
  3. List of Centaurs and Scattered Disc objects
  4. Remo, John L. (2007). "Classifying Solid Planetary Bodies". AIP Conference Proceedings. 886: 284–302. Bibcode:2007AIPC..886..284R. doi:10.1063/1.2710063.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne