Trein

'n Elektriese trein.
'n Dieselaangedrewe trein.
'n Stoomtrein.

'n Trein is 'n voertuig wat op 'n spoor beweeg en uit een of meer trokke of waens bestaan. Treine word gebruik om mense, diere en goedere te vervoer. Die plek waar treine stop, sodat mense kan op- of afklim, word 'n treinstasie genoem. Die eerste trok van die trein is die lokomotief, wat die kragbron bevat en die res van die trein agterna sleep.

Alle treine word beheer deur 'n bestuurder wat die trein moet versnel en rem. Die bestuurder van 'n trein word die masjinis genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne