Verdragskus

Die ligging van die Verdragskus.

Die Verdragskus (Arabies: الساحل المهادن, As-Sāḥil al-Muhādin, of المتصالح, al-Mutaṣāliḥ) was die naam van ’n groep sjeikdomme in Suidoos-Arabië wat vroeër bekend was as die "Piratekus". Die naam kom van beskermingsverdrae wat ’n paar gebiede se sjeiks van 1820 tot 1892 met die Britse regering gesluit het. Hulle het ’n informele Britse protektoraat gebly totdat die verdrae op 1 Desember 1971 teruggetrek is. Die volgende dag het ses van die sjeikdomme die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gestig, en ’n sewende sjeikdom het op 10 Februarie 1972 by die federasie aangesluit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne