Vesel

Die chemiese struktuur van 'n kevlar-vesel (aramied)

'n Vesel is 'n filament wat baie langer (>3x) is as sy deursnee. Gewoonlik is dit chemies 'n polimeer wat in uitgestrekte toestand is. Vesels kan dikwels tot drade of tou saamgespin word en het baie toepassings.[1]

Koolstofvesels

Plantaardige vesels word al vir duisende jare vir veral die vervaardiging van klere gebruik. Die Egiptenare het reeds omtrent 3 400 v.C. vlas gespin, terwyl die inwoners van Indië klere van katoen gemaak het. Met verloop van tyd is ander gewasse ontdek en ter wille van hulle vesels verbou. Veselgewasse kan (botanies) in saad-, vrugte-, bas- en bladvesels ingedeel word.

'n Verdere indeling kan op grond van die tegniese eienskappe van die vesels gemaak word, naamlik fyn vesels, growwe, sagte vesels en growwe, harde vesels. Die fyn soorte word veral vir die vervaardiging van klere gebruik, terwyl growwer vesels vir die maak van matte, seile en tou gebruik word. Katoen is die belangrikste plantaardige vesel. Kunsvesel het die mark vir natuurlike vesels geweldig laat afneem, maar indien die prys van grondstowwe bly styg, sal natuurlike vesels weer meer gesog word.

Volgens hul bron is daar verskeie soorte vesels:

  1. ""Fibers"" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2019. Besoek op 19 Januarie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne