Vlag van Suid-Soedan

Vlag van Suid-Soedan
Vlag van Suid-Soedan
Vlag van Suid-Soedan
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 9 Julie 2005/11
Ontwerp ’n Blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n geel ster en drie bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan op die wapperkant.

Die vlag van Suid-Soedan vertoon ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n vyfpuntige geel ster wat na die vlagpaal wys; aan die wapperkant is drie ewe wye bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan.

Die vlag is aanvaar na die ondertekening van Naivasja-ooreenkoms wat die einde van die tweede Soedannese burgeroorlog bevestig het.[1] Die vlag is aanvanklik gebruik deur die Soedannese Volksbevrydingsbeweging (SPLM).

  1. (en) Tuisblad van die Regering van Suid-Soedan

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne