Vulkanus

Vulkanus
Romeinse god
Vulkanus, deur Rubens.
Vulkanus, deur Rubens.
Naam Vulkanus
God van Vuur (van onder meer vulkane, metaalwerk en die smeltoond)
Ouers Jupiter en Juno
Simbool Hamer
Fees Vulkanalia
Gades Maia en Venus
Griekse eweknie  Hefaistos

Vulkanus of Vulcanus is die Romeinse god van vuur,[1] insluitende die vuur van vulkane, metaalwerk en die smeltoond. Hy word dikwels uitgebeeld met die hamer van ’n grofsmid.[2] Die Vulkanalia was die jaarlikse fees van antieke Rome wat op 23 Augustus ter ere van hom gehou is.

Vulkanus behoort tot die mees antieke tydperk van die Romeinse godsdiens: Varro, die antieke Romeinse geleerde en skrywer, haal die Annales Maximi aan wanneer hy vertel koning Titus Tatius het altare aan ’n reeks gode opgedra; een van hulle was Vulkanus.[3]

Sy Griekse eweknie was Hefaistos.

  1. Georges Dumézil (1996) [1966]. Archaic Roman Religion: Volume One. trans. Philip Krapp. Baltimore: Johns Hopkins University Press. pp. 320–321. ISBN 0-8018-5482-2.
  2. Corbishley, Mike "Ancient Rome" Warwick Press 1986 Toronto.
  3. Varro De Lingua Latina V, X.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne