Wapen van Transvaal

Die wapen van Transvaal was die amptelike heraldiese simbool van die Transvaal as republiek vanaf 1866 tot 1877 en weer vanaf 1881 tot 1902, en as provinsie vanaf 1954 tot 1994. Die wapen word nie meer amptelik gebruik nie.

Die amptelike wapenbeskrywing is:

'n Ovaalskild deursny, die boonste helfte gedeel; regs in rooi, 'n natuurlike omgewende, liggende, aansiende leeu van goud; links in blou, 'n gebaarde man in die landskleding wat 'n hoed en 'n bandolier dra en in die linkerhand 'n geweer hou wat op die grond rus; die onderste helfte in groen, 'n Voortrekkerwa van natuurlike kleur. Op 'n silwerhartskild 'n swart anker met rooi kabel. Op die skild 'n staande goue adelaar met uitgespreide vlerke. Agter die skild en daaronder gedrapeer aan elke kant, drie vlae van die Suid-Afrikaanse Republiek, groen, rooi, wit en blou.[1]

  1. Buro vir Heraldiek[dooie skakel]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne