Warmtekapasiteit

Warmtekapasiteit (word gewoonlik aangedui met 'n hoofletter C, dikwels met onderskrifte) is 'n meetbare fisiese hoeveelheid wat die vermoë van 'n liggaam om warmte op te gaar met veranderende temperatuur kenmerk. Dit word gedefinieer as die tempo waarteen die temperatuur verander met byvoeging van hitte teen die gegewe toestande waarin die liggaam verkeer (veral die temperatuur daarvan). Volgens die SI-stelsel word warmtekapasiteit uitgedruk in eenhede van joule per kelvin.

Dit word 'n ekstensiewe grootheid genoem omdat dit sensitief is ten opsigte van die grootte/hoeveelheid van die voorwerp/stof ('n bad vol water het 'n groter warmtekapasiteit as 'n koppie water). Deur die warmtekapasiteit met die liggaam se massa te deel word die soortlike warmtekapasitiet (soms ook spesifieke warmtekapasiteit genoem) verkry, wat 'n intensiewe grootheid is, wat beteken dat die hoeveelheid nie meer afhanklik is van die hoeveelheid materiaal nie en meer afhanklik is van die soort materiaal asook die fisiese toestande tydens die verhittingsproses.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne