Wikipedia:Beelde in .svg maak of wysig

'n SVG-voorbeeld

Baie beelde wat op wikimedia-commons opgelaai is, is in .svg-formaat. Hierdie formaat het bepaalde voordele wat gebruikers hier op af.wikipedia kan gebruik om beter beelde by hul artikels te voeg.

Beelde in .svg-formaat kan maklik gewysig word, byvoorbeeld deur die opskrifte te wysig van Engels na Afrikaans. Dit is ook taamlik eenvoudig om bestaande lêers te annoteer of by te werk en hierdie bladsy is veral bedoel om gebruikers op pad te help om hierdie eenvoudige bewerkings self te kan doen. Die gebruik van byvoorbeeld Inkscape kan ook baie kunssinnig wees, maar dit vereis die vaardighede van 'n kunstenaar. Dit wil sê mens moet leer hoe om in Inkscape 'n pen of potlood te gebruik. Dit gaan verder as wat die meeste gebruikers hier sal wil doen en ook verder as wat hierdie artikel beoog.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne