Wikipedia:Sjabloon

'n Sjabloon of templaat is 'n manier om 'n bepaalde teks (met of sonder beelde) in een of meer artikels te vertoon deur slegs na die naam van die sjabloon te skakel. Dié skakel vereis dubbelkrulhakies {{...}} pleks van blokhakies [[...]] soos dit vir 'n skakel na 'n gewone bladsy gebruik word.

Alle sjablone verskyn in die "Sjabloon"-naamruimte. Sommige sjablone bevat opsionele parameters wat die voorkoms en inhoud daarvan verander soos verkies. Sien gerus hierdie lys van sjablone vir 'n paar voorbeelde van die verskillende soort sjablone.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne