William S. Burroughs



William S. Burroughs

Amerikaanse skrywer, digter en spreeksang-kunstenaar


Literêre stroming

Beat Generation
Post-modernisme
Satire


Beduidende werke

Naked Lunch (1959)

William Seward Burroughs II (ˈbʌroʊz; ook bekend onder sy skuilnaam William Lee; * 5 Februarie 1914 in St. Louis, Missouri; † 2 Augustus 1997 in Lawrence, Kansas) was 'n Amerikaanse romanskrywer, digter, essayis en "spoken word performer" (spreeksang-kunstenaar). Burroughs was een van die leidende figure van die Beat-generasie en 'n beduidende stem in die post-moderne literatuur wat groot invloed op die populêre kultuur en die letterkunde uitgeoefen het.

Burroughs was 'n skerp politieke waarnemer en word as een van die kultureel invloedrykste en mees innovatiewe kunstenaars van die 20ste eeu beskou.[1] Burroughs se literêre werk sluit agtien romans en novelles, ses kortverhaalbundels en vier versamelings van essays. Onderhoude met en briefwisselings van Burroughs is in vyf boekdele gepubliseer. Burroughs het daarnaas by projekte en opnames met talle kunstenaars en musici saamgewerk en in 'n verskeidenheid rolprente verskyn.

  1. William S. Burroughs: Junky. Penguin Modern Classics. Voorwoord deur Allen Ginsberg, met 'n inleiding deur Oliver Harris. New York: Penguin Books 2003

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne