Windsor-kasteel

Windsor-kasteel soos vanaf die "Long Walk" gesien.
Windsor-kasteel vanuit die lug.

Windsor-kasteel (Engels: Windsor Castle) in Berkshire, Engeland, is die grootste bewoonde kasteel in die wêreld. Die kasteel dateer uit die tyd van William die Veroweraar en word reeds amper 1 000 jaar bewoon.[1] Dit beslaan ’n vloeroppervlak van sowat 44 965 vierkante meter.[2]

Saam met Buckingham-paleis in Londen en Holyrood-paleis in Edinburg is dit een van die hoofwonings van die Britse monarg. Koningin Elizabeth II bring baie naweke in die kasteel deur en gebruik dit vir private en staatsgeleenthede.

Die meeste van die monarge van Engeland, later Groot-Brittanje en nog later die Britse Statebondsryke het ’n direkte invloed gehad op die bou en ontwikkeling van die kasteel, wat hul fort, woning, amptelike paleis en soms selfs tronk was.

  1. [1]
  2. Gebaseer op die deel wat in 1992 se brand beskadig is (9 000 vierkante meter), wat sowat ’n vyfde van die totale oppervlak van die kasteel was. Sien * [2]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne