Wollongong

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Wollongong
Ligging van Wollongong in Australië
Ligging van Wollongong in Australië
Koördinate: 34°25′59″S 150°52′59″O / 34.43306°S 150.88306°O / -34.43306; 150.88306
StaatVlag van Australië Australië
Deelstaat Nieu-Suid-Wallis
Stigting1815
Hoogte
5 m (16 ft)
Bevolking
 • Totaal292 190
TydsoneUTC+9:30 (ACST)
 • SomertydUTC+10:30 (ACDT)

Wollongong is 'n kusstad in die Illawarra-streek van Nieu-Suid-Wallis in Australië. Die stad is geleë op die nou kusstrook tussen die Illawarra-eskarp en die Stille Oseaan, 82 kilometers suid van Sydney.

Die stad met sy bevolking van 292 190[1] is die derde grootste stad in Nieu-Suid-Wallis en die negende grootste stad in Australië. Die metropoolse gebied strek vanaf Helensburgh in die noorde tot by Gerroa in die suide en word bestuur deur die City of Wollongong, City of Shellharbour en die Kiama munisipale owerhede bestuur.[2]

Die stad, Wollongong, word in die plaaslike volksmond soms eenvoudig na verwys as "the Gong" en is 'n stad met 'n lang geskiedenis van mynbou en nywerhede. Daar is 'n steenkoolmyn, 'n groot staalwerke en 'n nywerheidshawe. Die stad lok ook jaarliks vele toeriste[3] en is 'n streekskern van die suidkus se visnywerheid. Die Universiteit van Wollongong het ongeveer 22 000 studente[4] en word internasionaal erken.[5]

Wollongong is bekend vir sy vele strande wat geskik is vir branderplankry, groot aantal natuurtonele en die Wollongong botaniese tuine. Daar is twee katedrale, kerke van vele denominasies asook die Nan Tien Tempel, een van die grootste Boeddhiste tempels in die suidelike halfrond.[6]

Wollongong was een van die Australiese gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 2003.

  1. (en) "3218.0 – Regional Population Growth, Australia, 2006-07: 3218.0 Population Estimates by Statistical District, 2001 to 2007". Australiese Buro van Statistiek.
  2. (en) "Wollongong Statistical District Map". Australiese Buro van Statistiek. Besoek op 2 Januarie 2009.[dooie skakel]
  3. (en) "Feite oor die Illawarra-streek". Tourism NSW. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2009. Besoek op 2 Januarie 2009.
  4. (en) "Noemenswaardige Statistieke oor die Universiteit van Wollongong". Universiteit van Wollongong. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2012. Besoek op 2 Januarie 2009.
  5. (en) "Toekennings ven Prestasies van die Universiteit van Wollongong". Universiteit van Wollongong. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2019. Besoek op 2 Januarie 2009.
  6. (en) "Nan Tien Tempel se Webwerf". Nan Tien Tempel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2013. Besoek op 31 Augustus 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne