Worcester

Hierdie artikel handel oor die nedersetting in die Breedevallei, Wes-Kaap. Vir ander gebruike, sien Worcester (veelsinnig).
Worcester
Hoogstraat in Worcester se sakekern
Hoogstraat in Worcester se sakekern
Worcester is in Wes-Kaap
Worcester
Worcester
 Worcester se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°38′42″S 19°26′37″O / 33.64500°S 19.44361°O / -33.64500; 19.44361
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikKaapse Wynland
MunisipaliteitBreedevallei
Stigting1819[1]
Oppervlak
 • Totaal73,2 km2 (28,3 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[2]
 • Totaal97 078
 • Digtheid1 326/km2 (3 430/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense14.0%
 • Indiërs/Asiërs0.8%
 • Bruin mense58.7%
 • Swart mense25.4%
 • Ander1.1%
Taal (2011)
 • Afrikaans 73.1%
 • Xhosa 19.1%
 • Engels 3.7%
 • Sotho 1.7%
 • Ander 2.4%
Poskode (strate)
6850
Skakelkode023
Webwerfwww.breedevallei.gov.za

Worcester is een van die groter dorpe van die Wes-Kaap, in die Breederiviervallei, 121 km oos-noordoos van Kaapstad en 52 km noordwes van Robertson. Dit is geleë aan die rant van die Hexrivierberge en is een van die mooisgeleë dorpe in Suid-Afrika. Die N1 nasionale pad gaan deur die dorp.

Synde die grootste dorp in die Wes-Kaap se binnelandstreek, dien dit as die administratiewe hoofstad van die Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit en as streekhoofkwartier vir die meeste sentrale en Provinsiale Regeringsdepartemente. Die dorp dien ook as die middelpunt van die Wes-Kaap se binnelandse kommersiële, verspreiding en kleinhandelaktiwiteite met 'n winkelsentrum, goed ontwikkelde sentrale sakekern en infrastruktuur.

Worcester is op 'n hoogte van 220 meter geleë en kan per pad bereik word deur óf op die N1-hoofweg deur die Hugenote-tonnel óf deur skouspelagtige bergpasse te ry.

Geografies word die distrik hoofsaaklik deur berge afgebaken; in die suidweste lê die massiewe Stettynsbergreeks met 'n jaarlikse reënval van meer as 2000 mm. In die weste lê die Du Toitskloofberge en noordwes lê die Slanghoek-, Klein Drakenstein-, Elandskloof- en Lemietbergreekse. Na die noorde styg die Hexrivierberge wat die toringpieke van Chavonness, Brandwacht, Fonteintjiesberg en Audensberg insluit. Noordoos van die dorp loop die kleurvolle Keeromberg in die Langebergreeks.

Worcester en sy omgewing vorm deel van die Breederivier-opvangsgebied, wat gevoed word deur 'n aantal kleiner riviere aangevul deur die afloop van wintersneeu in die berge. Die distrik sluit ook die Hexriviervallei in.

Worcester bestaan ​​ook uit 'n township genaamd Zwelethemba. In 1985 het studente geprotesteer oor Afrikaans as 'n dominante taal op skool. Onluste het uitgebreek en verskeie studente is deur die polisie in Robertsonweg geskiet. ’n Student genaamd Nkosana Nation Bahumi is weens die betogings oorlede.

  1. "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20–26)" (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 6 April 2016.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Som van die hoofplekke Zweletemba en Worcester Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne