Ironie

'n Stopteken wat bekrap is deur 'n versoek om stoptekens nie te bekrap nie.

Ironie, in die breedste sin van die woord, is 'n retoriese middel, literêre tegniek of gebeurtenis waarin dit wat op die oppervlak plaasvind, radikaal verskil van dit wat in werklikheid die geval is. Ironie kan in drie kategorieë verdeel word, naamlik verbaal, dramaties, en situasioneel.

Ander vorms, soos deur die historikus Connop Thirlwall geïdentifiseer, sluit dialektiese en praktiese ironie in.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne