Linux

Linux
Ontwikkelaar
Die gemeenskap
Webblad kernel.org Edit this at Wikidata
Vrystellings
Aanvanklike vrystelling 17 September 1991 (1991-09-17)
Huidige weergawe 6.8.7[1] Edit this on Wikidata (17 April 2024)
Bronkodemodel Hoofsaaklik oopbron eiendom sagteware ook beskikbaar
Lisensie GPLv2[2] en ander vrye asook oopbron-lisensies, behalwe vir die "Linux" handelsmerk[3]
Kerntipe Unix
Taal(e) Veeltalig
Platforms wat ondersteun word Alpha, ARC, ARM, AVR32, Blackfin, C6x, ETRAX CRIS, FR-V, H8/300, Hexagon, Itanium, M32R, m68k, META, Microblaze, MIPS, MN103, Nios II, OpenRISC, PA-RISC, PowerPC, s390, S+core, SuperH, SPARC, TILE64, Unicore32, x86, Xtensa
Ondersteuningstatus
Verdere leesstof

Linux is 'n vrye bedryfstelselkern vir 'n verskeidenheid van rekenaars. Die naam "Linux" word ook baie gebruik om te verwys na volledige bedryfstelsels wat van die Linux-kern gebruik maak. Linux is aanvanklik deur Linus Torvalds geskryf omdat hy graag 'n Unix-bedryfstelsel vir sy Intelgebaseerde persoonlike rekenaar wou hê.[4][5] Sedertdien het duisende mense oor die internet ingespring om dit te verbeter. Dit is gebaseer op Unix maar die bronkode is vryelik beskikbaar.

'n Linux-verspreiding (Engels: distribution) is 'n Unix-gebaseerde bedryfstelsel vir persoonlike rekenaars of bedieners, en is die algemene manier waarop 'n Linux-stelsel beskikbaar gestel word. Dit verpak Linux saam met 'n klomp programme van die GNU- en ander projekte. Sulke volledige bedryfstelsels word soms GNU/Linux-stelsels genoem, alhoewel dit algemeen slegs "Linux" genoem word.

Linux is aanvanklik geskryf vir Intel 386-rekenaars en veral gewild geword onder entoesiaste. Dit het daarna geleidelik gewild geword as bedienerbedryfstelsel en geleidelik al hoe meer korporatiewe reuse se aandag getrek, soos IBM, Hewlett-Packard en Novell. Nou word Linux ook geleidelik meer op hoofstroom- persoonlike rekenaars gebruik. Linux word egter ook op 'n groot verskeidenheid ander toestelle gebruik; van klein draagbare toestelle en netwerktoerusting, tot superrekenaars.

  1. "Linux 6.8.7". 17 April 2024. Besoek op 17 April 2024.
  2. "The Linux Kernel Archives: Frequently asked questions". kernel.org (in Engels). 2 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 4 September 2015.
  3. "U.S. Reg No: 1916230" (in Engels). United States Patent and Trademark Office. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 1 April 2006.
  4. Linus Torvalds, David Diamond: Just for Fun, ISBN 1-58799-151-9
  5. "The father of Linux looks back". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 1999. Besoek op 16 Augustus 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne