Apple Inc.

Apple Inc.


Tipe Openbaar
Gestig 1 April 1976 (geïnkorporeer op 3 Januarie 1977 as Apple Computer, Inc.)
Hoofkantoor Applekampus, Infinte Loop 1, Cupertino, KaliforniëVSA
Liggings500+ winkels (2020)
SleutelpersoneTim Cook (HUB)
Arthur Levinson (Voorsitter)
Sir Jonathan Ive (SVP, Industriële ontwerp)
Steve Jobs (Voorsitter 1976–1985/2011, HUB 1997–2011 †)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieRekenaarapparatuur
Rekenaarprogrammatuur
Verbruikerselektronika
Digitale verspreiding
ProdukteMacintosh • iPod • iPhone • iPad • Apple Watch • Apple TV • Apple TV+ • HomePod • macOS • iOS • iPadOS • watchOS • tvOS • iLife • iWork • Final Cut Pro • Logic Pro • GarageBand • Shazam • Siri
DiensteApp Store • Apple Arcade • Apple Card • Apple Music • Beats 1 • Apple News+ • Apple Pay • Apple Pay Cash • Apple Store • Genius Bar • Apple TV+ • Apple Books • iCloud • iMessage • iTunes Store • Mac App Store
Inkomste VS$ 260,174 miljard (FJ 2019)[1]
Bedryfsinkomste VS$ 63,930 miljard (FJ 2019)
Netto inkomste VS$ 55,256 miljard (FJ 2019)
Werknemers137 000 (soos op 28 September 2019)[2]
Dogter-
maatskappye
Braeburn Capital
Filemaker Inc.
Anobit
Webwerfwww.apple.com

Apple Inc. (gelys op NASDAQ as AAPL, voorheen bekend as Apple Computer, Inc.) is ’n Amerikaanse multinasionale korporasie wat rekenaars, verbruikerselektronika, bedryfsstelsels en programmatuur ontwerp, vervaardig en – naas tradisionele kleinhandelkanale – ook in sy eie aanlyn- en straatwinkels (Apple Stores) bemark. Apple se hardewaretoestelle word – in teenstelling met dié van ander vervaardigers – rondom die onderneming se eie sagteware ontwikkel om volledige versoenbaarheid van alle komponente te verseker. Veiligheid en modernisties-estetiese ontwerpe is ander streng kriteria.

Die Kaliforniese rekenaaringenieur Steve Wozniak, medestigter van Apple Inc. en dryfkrag agter die ontwikkeling van die eerste persoonlike rekenaar, noem sy geesdrif vir die wetenskapsfiksie-televisiereeks Star Trek as 'n bron van inspirasie by die stigting van sy onderneming.
Apple-hardeware soos die Mac mini (bo) en enkele komponente van die sagteware is byna dertig jaar lank deur die hoofontwerpbeampte, die Brit Jonathan Ive (onder) ontwerp, onder meer volgens Bauhaus-beginsels

In die 1970’s was Apple een van die eerste vervaardigers van persoonlike rekenaars wat danksy sy bemarkingstrategie vir sy Macintosh-reeks ’n beslissende bydrae tot die kommersiële sukses van tuisrekenaars gelewer het. In die 1980’s het die maatskappy nog eens ’n baanbrekersrol by die invoering van grafiese koppelvlakke en rekenaarmuise vervul. Met die bekendstelling van die iPod in 2001, die slimfoon iPhone in 2007, die tabletrekenaar iPad in 2010 en die slimhorlosie Apple Watch in 2015 het Apple sy sakebelange ook na ander produkvelde uitgebrei.

Sy programmatuur sluit die volgende in: die macOS-bedryfstelsel; die iTunes-mediaspeler; die iLife-pakket van multimedia- en kreatiwiteitsprogrammatuur; die iWork-pakket van produktiwiteitsprogrammatuur; Aperture, ’n professionele fotografiepakket; Final Cut Studio, ’n reeks van professionele en rolprentindustrieprogrammatuurprodukte; Logic Studio, ’n reeks van musiekproduksieprogrammatuur; die Safari-webblaaier; en iOS en iPadOS, die mobiele bedryfstelsels vir Apple se slimfone en tabletrekenaars.

Apple Inc. is die grootste beursgenoteerde maatskappy in die wêreld deur markkapitalisasie, die eerste onderneming waarvan die markwaarde die $1-biljoenkerf oorskry het, asook die grootste tegnologiemaatskappy in die wêreld gemeet aan omset en wins. In die fiskale jaar 2019 was die omset op die wêreldmark $260 miljard - 'n styging van 3 000 persent teenoor 2004. Apple se omset is intussen selfs groter as dié van sommige van die voorste rolspelers in die motorbedryf soos Daimler, Ford of Honda.[3] In die tweede kwartaal van 2020 is 49,7 persent van Apple se omset deur iPhone-verkope gegenereer.[4] In die eerste kwartaal van 2020 is 36,7 miljoen eenhede wêreldwyd verkoop.[5]

Die tydskrif Fortune het Apple in 2020 vir die dertiende jaar in 'n reeks as die mees bewonderde maatskappy in die wêreld benoem.[6] Fortune se ranglys is gebaseer op 'n meningspeiling onder byna 3 800 hoof uitvoerende beamptes, direkteurs en ontleders. Die Apple-handelsmerk was in 2019 die waardevolste ter wêreld, nog voor Google en Amazon, met $234,241 miljard volgens Interbrand se Best Global Brands-verslag wat op 17 Oktober 2019 gepubliseer is.[7]

Die maatskappy het hulself egter ook heelwat kritiek op die hals gehaal weens die werkstoestande van kontrakteurs en weens hul omgewings- en sakepraktyke.[8][9] Ná sy stigting op 1 April 1976 in Cupertino, Kalifornië en sy inkorporasie op 3 Januarie 1977[10] het die maatskappy vir die eerste dertig jaar as Apple Computer, Inc. bekend gestaan. Die woord “Computer” is op 9 Januarie 2007 van die naam verwyder,[11] aangesien die tradisionele fokus van persoonlike rekenaars na verbruikerselektronika verskuif het.[12]

  1. Jaarverslag 2019. Besoek op 12 Mei 2020
  2. Jaarverslag vir die fiskale jaar wat op 28 September 2019 geëindig het
  3. Statista.com, 1 November 2019: Umsatz von Apple Inc. weltweit in den Geschäftsjahren von 2004 bis 2019 (in Milliarden US-Dollar). Besoek op 12 Mei 2020
  4. Statista.com, 4 Mei 2020: Umsatzanteile der Produktgruppen an Apples Gesamtumsatz vom 1. Geschäftsquartal 2011 bis zum 2. Geschäftsquartal 2020. Besoek op 12 Mei 2020
  5. Statista.com, 5 Mei 2020: Absatz von Apple iPhones weltweit vom 2. Quartal 2007 bis zum 1. Quartal 2020 (in Millionen Stück). Besoek op 12 Mei 2020
  6. Fortune.com: World’s Most Admired Companies. Besoek op 12 Mei 2020
  7. MSN Money – Yahoo! Finance: The most valuable brands in the world revealed. Besoek op 17 Oktober 2019
  8. (en) Musgrove, Mike (16 Junie 2006). "Hongerfabriektoestande by iPod-fabriek aangegee". The Washington Post. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  9. "Omgewingsgroep tref Apple" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2010. Besoek op 3 April 2012.
  10. (en) Apple Beleggersverhoudings FAQ Geargiveer 16 Oktober 2009 op Wayback Machine, Apple Inc. URL besoek op 2 Maart 2007.
  11. (en) "Form 8-K SEC Filing" (PDF). 10 Januarie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Mei 2016. Besoek op 8 Desember 2007.
  12. Markoff, John (9 Januarie 2007). "Nuwe mobiele foon dui Apple se ambisie aan". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 9 Januarie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne