Armeense alfabet

Armeense alfabet
Soort skryfstelsel   Alfabet
Tyd gebruik 405 - hede
Rigting Links na regs
Tale Armeens
Stelsels
Moederstelsels
Vermoedelik geskoei op Grieks
  • Armeense alfabet
ISO 15924 Armn, 230
Unicode Armenian,
U+0530–U+058F,
U+FB13–U+FB17
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Armeense alfabet (Հայկական Այբուբեն) word sedert die jaar 405 of 406 gebruik vir die skryf van Armeens. Dit is geskep deur st. Mesrop Masjtots, ’n Armeense taalkundige en godsdiensleier, en het oorspronklik 36 letters bevat. Nog twee, օ en ֆ, is in die Middeleeue bygevoeg. Tot in die 19de eeu was Klassieke Armeens die amptelike taal, en sedertdien word die Armeense alfabet gebruik om die twee amptelike dialekte, Oos-Armeens en Wes-Armeens, te skryf. Die Armeense woord vir "alfabet" is այբուբեն (aiboeben) en is genoem na die eerste twee letters, Ա (այբ, aib) en Բ (բեն, ben). Die alfabet word van links na regs geskryf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne