Belarus

Republiek Belarus
  • Республика Беларусь  (Russies)
Vlag van Belarus Wapen van Belarus
Vlag Wapen
Volkslied: Дзяржаўны гімн Рэспублікі Беларусь
(Transliterasie: Dzjarzjaoeni gimn Respoebliki Belaroes)
(Belarussies vir: "Staatsvolkslied van die Republiek Belarus")
Ligging van Belarus
Hoofstad Minsk

53°55′N 27°33′O / 53.917°N 27.550°O / 53.917; 27.550

Grootste stad Minsk
Amptelike tale Belarussies en Russies
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Aleksandr Loekasjenko
(wetlikheid betwis)[1][2][3]
Roman Golowtsjenko
Onafhanklikheid
Vorming
• Prinsdom Polotsk
• Groothertogdom Litaue
Pools-Litause Gemenebes
Russiese Ryk
• Onafhanklikheid van die RSFSR
• Litauies-Wit-Russiese SSR
Wit-Russiese SSR
• Verklaring van Soewereiniteit
• Onafhanklikheid verklaar
• Onafhanklikheid erken
• Huidige grondwet


987
ca. 1236
1 Julie 1596
1795
25 Maart 1918
17 Februarie 1919
31 Julie 1920
27 Julie 1990
25 Augustus 1991
26 Desember 1991
15 Maart 1994
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
207 595 km2  (84ste)
80 153 myl2
1,093
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2019-sensus
 - Digtheid
 
9 408 400[4] (93ste)
9 413 446
45,8 / km2 (142ste)
118,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$195,599 miljard[5] (69ste)
$20 644[5] (66ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$62,572 miljard[5] (75ste)
$6 604[5] (84ste)

MOI (2018) 0,817[6] (50ste)  –  hoog
Gini (2018) 25,2[7] –  laag
Geldeenheid Roebel (BYR)
Tydsone
 - Somertyd
VOT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .by en .бел[8]
Skakelkode +375

Belarus (Belarussies: Беларусь, Belaroes; Russies: Беларусь), amptelik die Republiek Belarus (Belarussies: Рэспубліка Беларусь; Russies: Республика Беларусь) en voorheen bekend as Wit-Rusland, is 'n landingeslote land in Oos-Europa. Dit is oorwegend plat, met baie vleilande, en is landgebonde met Rusland in die noorde en ooste, Oekraïne in die suide, Pole in die weste en Letland en Litaue in die noorde. Minsk is die hoofstad en ook die grootste stad in die land. 'n Derde van die land is bebos en landbou is een van die sterkste ekonomiese sektore.[9]

Nasa-Satellietbeeld van Belarus
Kaart van Belarus

Tot en met die 20ste eeu het die Wit-Russe nie 'n geleentheid gehad om 'n aparte nasionale identiteit te ontwikkel nie, siende dat die land van die hedendaagse Belarus aan verskeie ander lande behoort het. Ná die kortstondige Wit-Russiese Volksrepubliek (1918–19) het die land as die Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel van die Sowjetunie geword.

Die finale vereniging van die verskillende dele van die land met sy moderne grense het in 1939 plaasgevind, toe grondgebied van etniese Wit-Russe, wat deel van Pole was, deur die Sowjetunie geannekseer en by die Wit-Russiese Sowjetrepubliek gevoeg is. Die gebied en sy nasie het grootskaalse verwoesting ervaar tydens die Tweede Wêreldoorlog: die land het 'n kwart van sy bevolking verloor en meer as die helfte van sy ekonomiese hulpbronne.

Die land het in die jare ná die oorlog stelselmatig herstel en is een van die stigterslede van die Verenigde Nasies. Die parlement van die republiek het die soewereiniteit van Wit-Rusland op 27 Julie 1990 verklaar en, ná die val van die Sowjetunie, is Wit-Rusland op 25 Augustus 1991 onafhanklik verklaar. Aleksandr Loekasjenko is sedert 1994 die land se president. Belarus is sedert 1996 besig om met Rusland te onderhandel om as 'n enkele staat, die Unie van Rusland en Belarus, te verenig.

Die grootste deel van Belarus se 9,4 miljoen inwoners woon in die stedelike gebiede om Minsk en ander streekshoofstede. Die land het twee amptelike tale: Belarussies en Russies. Die land erken nie 'n staatsgeloof nie, alhoewel die Russies-Ortodokse geloof die primêre geloof in Belarus is.

  1. "EU rejects Lukashenko inauguration as illegitimate". 24 September 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2020. Besoek op 22 Mei 2021 – via www.dw.com.
  2. "El Pais interview with HR/VP Borrell: "Lukashenko is like Maduro. We do not recognize him but we must deal with him"". eeas.europa.eu. 24 Augustus 2020.
  3. Dave Lawler, U.S. no longer recognizes Lukashenko as legitimate president of Belarus, Axios (24 September 2020).
  4. "Численность населения на 1 января 2020 г. по областям Республики Беларусь". www.belstat.gov.by (in Belarussies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019. Besoek op 19 Augustus 2018.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Belarus". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 8 Junie 2020.
  6. "2019 Human Development Index Ranking" (in Engels). United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 8 Junie 2020.
  7. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2019. Besoek op 8 Junie 2020.
  8. "ICANN сообщает о выделении кириллического домена .БЕЛ для Республики Беларусь" (in Belarussies). hoster.by. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 8 Junie 2020.
  9. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne