Bloemfontein

Bloemfontein

Mangaung (st)
ǀʼAuxa ǃXās
Stad
'n Uitsig oor Bloemfontein
'n Uitsig oor Bloemfontein
Wapen van Bloemfontein
Wapen
Byname: 
Rosestad
Bloemfontein is in Vrystaat
Bloemfontein
Bloemfontein
 Bloemfontein se ligging in Vrystaat
Koördinate: 29°7′11″S 26°13′30″O / 29.11972°S 26.22500°O / -29.11972; 26.22500Koördinate: 29°7′11″S 26°13′30″O / 29.11972°S 26.22500°O / -29.11972; 26.22500
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
MunisipaliteitMangaung
Stigting1846[2]
Oppervlak
 • Totaal236,17 km2 (91,19 vk. myl)
Hoogte
1 395 m (4 577 ft)
Bevolking
 (2021)
 • Totaal528 000[1]
Rasverdeling (2021)
 • Wit mense29,8%
 • Indiërs/Asiërs0,8%
 • Bruin mense12,8%
 • Swart mense56,1%
 • Ander9,5%
Taal (2021)
 • Afrikaans42,5%
 • Suid-Sotho33,4%
 • Engels7,5%
 • Xhosa7,1%
 • Ander9,5%
Poskode (strate)
9300
Poskode (posbusse)
9301
Skakelkode051
WebwerfMangaung-munisipaliteit

Bloemfontein is die hoofstad van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat en die land se sesde grootste stad. Dit is ook sedert 1910 Suid-Afrika se regterlike hoofstad (een van die land se drie hoofstede).[3] Bloemfontein staan informeel as Bloem bekend en word in Suid-Sotho Mangaung genoem en deur die Griekwas ǀʼAuxa ǃXās. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 236 vierkante kilometer en het 'n bevolking van sowat 528 000.[1]

'n Uitsig oor Bloemfontein, soos gesien vanaf Naval Hill
Die Appèlhof van Suid-Afrika in Bloemfontein

Bloemfontein lê in die hart van die Vrystaat se sentrale plato en is een van die min stede met 'n wildtuin in sy sentrum, bo-op Naval Hill. Bloemfontein staan nog steeds vir sy blommeprag bekend en het die bynaam Rosestad.

Die stad het sy oorsprong in 'n Britse fort en nedersetting wat in 1846 deur majoor Henry Douglas Warden in die destydse Transoranje-streek gevestig is. Dit het vervolgens as administratiewe setel van die Britse kolonie Oranjerivier-soewereiniteit (1848–1854) en die onafhanklike Boererepubliek Oranje-Vrystaat gedien wat in 1854 gestig is.

Tussen Mei en Junie 1899 is die historiese Bloemfontein-konferensie hier gehou as 'n laaste vergeefse poging om 'n militêre konflik tussen die destydse Boererepublieke en die Britse Ryk te vermy.

In die 20ste eeu het Bloemfontein tot die geografiese spilpunt van Suid-Afrika se spoorwegnetwerk ontwikkel. Sowat 160 km noordoos van Bloemfontein het 'n groot ekonomiese opswaai vanaf 1948 met die ontginning van die Vrystaatse Goudveld begin. Later, vanaf 1962, het die gebied sentraal gestaan in die verwesenliking van die Oranjerivierprojek met sy waterkragsentrales en besproeiingskemas.

Vandag is Bloemfontein 'n moderne stad met wolkekrabbers, winkelsentrums en restaurante; en die Sand du Plessis-teater as een van sy kenmerkendste argitektoniese besienswaardighede. Tegelykertyd het Bloemfontein sy kulturele erfenis bewaar, en die stad spog met pragtige historiese geboue soos die Raadsaal, een van die mooistes in Suid-Afrika.

  1. 1,0 1,1 (en) Wendell Cox (Junie 2021). Demographia World Urban Areas 13th Edition (PDF). Demograhia. p. 96.
  2. (en) "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 22 September 2016.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne