Britse Statebond

Vlag van die Britse Statebond
Kenteken van die Britse Statebond
Die vlag van die Statebond wapper aan die Parlement van Kanada in Ottawa
Die hoofkantoor van die Statebond in die Marlborough House in Londen
Konferensie van die eerste ministers van die Britse dominions William Lyon Mackenzie King (Kanada), Jan Christian Smuts (Suid-Afrika), Winston Churchill (Verenigde Koninkryk), Peter Fraser (Nieu-Seeland) en John Curtin (Australië) op 1 Mei 1944 in Londen (van links na regs)

Die Statebond (vroeër Britse Statebond, Engels: Commonwealth of Nations, tot 1947 British Commonwealth of Nations) is 'n vrywillige vereniging van 56 onafhanklike, soewereine lande, wat uit die Verenigde Koninkryk en, meestal, sy voormalige kolonies bestaan.

Nie alle lede van die Statebond erken die Britse monarg as staatshoof nie. Dié wat dit wel doen, is bekend as Statebondgebiede, maar die meeste lede is republieke, en 'n handvol ander is inheemse monargieë. Alle lede erken wel koning Charles III as hoof van die Statebond, 'n rol wat miskien die beste met dié van 'n seremoniële president vergelyk kan word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne