Chili

Republiek Chili
República de Chile (Spaans)
Vlag van Chili Wapen van Chili
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Por la Razón o la Fuerza[1]
(Spaans vir: "Deur reg of mag")
Volkslied: Himno nacional de Chile
Ligging van Chili
Hoofstad Santiago de Chilea

33°26′S 70°39′W / 33.433°S 70.650°W / -33.433; -70.650

Grootste stad Santiago de Chile
Amptelike tale Spaans (de facto)
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Gabriel Boric
Onafhanklikheid
• Eerste Regering
• Verklaar
• Erken
• Huidige grondwet
van Spanje
18 September 1810
12 Februarie 1818
24 April 1844
11 September 1980c
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
756 096,3b[2] km2  (38ste)
291 930,4 myl2
2,1 (2015)[3]
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
17 909 754[4] (64ste)
17 574 003[5]
24 / km2 (198ste)
62,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$550,450 miljard[6] (43ste)
$27 629[6] (57ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$352,664 miljard[6] (45ste)
$17 702[6] (55ste)

MOI (2019) 0,851[7] (43ste)  –  baie hoog
Gini (2017) 44,4[8] –  hoog
Geldeenheid Peso (CLP)
Tydsone
 - Somertyd
CLT/EAST (UTC-3 en -5)
nie toegepas nie (UTC-3 en -5)
Internet-TLD .cl
Skakelkode +56
a. Die wetgewende gesag is in Valparaíso gesetel.
b. Insluitende Paaseiland en Salas y Goméz-eiland; uitsluitende die 1 265 853,7 km² (488 748,8 myl²) van die geëiste gebied Antártica Chilena.
c. Die grondwet is in 1989 en 2005 gewysig.

Chili (Spaans: Chile, [ˈtʃile], ), amptelik die Republiek Chili (República de Chile, [reˈpuβlika ðe ˈtʃile], ), is ’n unitêre presidensiële grondwetlike republiek geleë aan die suidwestelike kus van Suid-Amerika. Chili is lank en smal en strek in ’n noord-suidrigting oor ’n afstand van sowat 4 300 kilometer, terwyl dit op sy breedste in ’n oos-wesrigting maksimaal 400 kilometer van die weskus tot by die grens met Argentinië strek. Dié land behels verskillende klimaatsones wat van tropiese woestyne in die noorde tot by die koel gematigde en subpolêre woudsones van Suid-Chili strek. Dit het lae berge langs die kus, ’n vrugbare vallei, en die Andesgebergte in die ooste.[9]

Santiago de Chile is die hoofstad en grootste stedelike sentrum van Chili

Chili word in die weste deur die Stille Oseaan, in die noorde deur Peru, in die noordooste deur Bolivië, in die ooste deur Argentinië en in die suide deur die Suidelike Oseaan begrens. Die Straat van Magellaan, wat volledig onder Chili se beheer val, bied dié land ook toegang tot die Atlantiese Oseaan in die ooste. Naas sy vastelandgebiede maak ook die Paaseiland (of Rapa Nui) in die Stille Oseaan, die eiland Salas y Goméz, die Juan-Fernández-eilandgroep met Robinson-Crusoe-eiland, die Desventuradas-eilande en die eilandgroepe van Ildefonso en Diego-Ramirez in die suide deel uit van Chileense grondgebied. Dié land maak daarnaas ook aanspraak op ’n gebied in Antarktika (Antártica Chilena) met ’n oppervlakte van sowat 1,266 miljoen vierkante kilometer rondom die Antarktiese Skiereiland.

Danksy die ekonomiese beleid en vryemarkhervormings van Augusto Pinochet se demokratiese opvolgers het Chili tot een van die welvarendste lande in Latyns-Amerika en mees stabiele nasies in Suid-Amerika ontwikkel.[10] Volgens die Verenigde Nasies se Menslike ontwikkelingsindeks (MOI) is Chili tans dié land met die hoogste lewensgehalte in Latyns-Amerika. Chili is een van die belangrikste koperprodusente ter wêreld, ’n beduidende uitvoerder van wyn en ook een van Suid-Afrika se grootste mededingers op die internasionale vrugtemark.

  1. (es) "The Coat of Arms". Chileense regering. 23 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 15 Maart 2022.
  2. (es) "Compendio estadístico 2006" (PDF). Chileense nasionale statistiekinstituut. Oktober 2006. Besoek op 29 November 2007.
  3. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 15 Maart 2022.
  4. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 15 Maart 2022.
  5. (es) "RESULTADOS CENSO 2017" (PDF). RESULTADOS DEFINITIVOS CENSO 2017. Chileense nasionale statistiekinstituut. 1 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020. Besoek op 11 Mei 2018.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Chile". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 15 Maart 2022.
  7. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 15 Maart 2022.
  8. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 15 Maart 2022.
  9. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  10. (en) "Country profile: Chile". BBC. 16 Desember 2009. Besoek op 15 Maart 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne