Demokratiese Alliansie

Demokratiese Alliansie
DA
Logo van die betrokke party.
Logo van die DA

Leier John Steenhuisen
Slagspreuk Een Nasie. Een Toekoms.
Gestig 24 Junie 2000 (2000-06-24)
Voorafgegaan deur Demokratiese Party
Hoofkwartier 2de Vloer, Theba Hosken-huis, Breda- en Mill-strate, Kaapstad, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Studentevleuel Demokratiese Alliansie se Studente-organisasie
Jeugvleuel Demokratiese Alliansie Jeug
Ideologie Liberaal
Internasionale affiliasie Liberal International
Amptelike kleure      Blou
Webblad da.org.za Edit this at Wikidata

Die Demokratiese Alliansie (DA) is 'n hoofstroom Suid-Afrikaanse politieke party en die amptelike opposisie teenoor die regerende African National Congress (ANC) in die Parlement van Suid-Afrika. Die party is gevorm toe die Demokratiese Party 'n kortstondige alliansie met die Nuwe Nasionale Party betree het in 2000. Die DA regeer al die Wes-Kaapprovinsie sedert die 2009-verkiesing en die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit sedert die 2006-verkiesing. Na die 2016-verkiesing het die party beheer van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit, die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit, die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit en talle ander plaaslike munisipaliteite verky.

Na die 2021-verkiesing het die party weer 'n meerderheid in die Stad Kaapstad gewen, alhoewel 'n kleiner meerderheid. Die party het koalisies gevorm met die Vryheidsfront Plus, ActionSA, Inkatha-Vryheidsparty en ander kleiner partye om die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit, Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit, Stad Ekurhuleni Metroplitaanse Munisipaliteit en ander plaaslike munisipaliteite te regeer.

In April 2023 het die leier van die Demokratiese Alliansie (DA) John Steenhuisen, met die oog op die vooruitsigte van 'n ANC/EFF nasionale koalisie, 'n beroep gedoen dat "eensdenkende" partye saamstaan om 'n "doemdag-koalisie" te voorkom.[1] Op 17 Julie 2023 is die voorverkiesingsooreenkoms genaamd die Veelpartyhandves onderteken tussen die Demokratiese Alliansie (DA), Inkatha-Vryheidsparty (IVP), Vryheidsfront Plus (VF Plus), ActionSA, Independent South African National Civic Organisation (ISANCO), United Independent Movement (UIM), en Spectrum National Party (SNP). Die handvesgroep het 108 uit die 400-setel Nasionale Vergadering gehou.

  1. "DA to fight ANC-EFF 'doomsday coalition'". BusinessLIVE (in Engels). Besoek op 1 Augustus 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne