Demokratiese Party (Verenigde State)

Demokratiese Party
Democratic Party
Democrats
Logo van die betrokke party.
Leier Tom Perez
Gestig 1828
Voorafgegaan deur Demokraties-Republikeinse Party
Hoofkwartier 430 South Capitol St. SE, Washington, D.C., 20003
Studentevleuel College Democrats of America
Jeugvleuel Young Democrats of America
Ideologie Liberalisme[1][2]
Progressiwisme[3]
Sosiale liberalisme[4]
Internasionale affiliasie Progressive Alliance
Amptelike kleure      Blou
Webblad democrats.org

Die Demokratiese Party (Engels: Democratic Party), of kort Demokrate (Democrats), is een van die twee hedendaagse groot politieke partye in die Verenigde State, saam met die Republikeinse Party. Die party se erfenis strek terug na Thomas Jefferson en James Madison se Demokraties-Republikeinse Party (Democratic-Republican Party) en die hedendaagse Demokratiese Party is omtrent 1828 gestig, wat dit die wêreld se oudste aktiewe party maak.[5] Hul nieamptelike kleur is blou en hul nieamptelike wapendier is die donkie. Met 'n geskatte ledetal van 43,1 miljoen in 2012 is die Demokratiese Party nog voor die Republikeinse Party die grootste party van die Verenigde State.[6]

  1. (en) Arnold, N. Scott (2009). Imposing values: an essay on liberalism and regulation. Florence: Oxford University Press. p. 3. ISBN 0-495-50112-3.
  2. (en) "President Obama, the Democratic Party, and Socialism: A Political Science Perspective". The Huffington Post. 29 Junie 2012. Besoek op 12 April 2016.
  3. (en) "The Left's Quiet Advance in Democratic Primaries". theatlantic.com. 19 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2020. Besoek op 12 April 2016.
  4. (en) Paul Starr. "Center-Left Liberalism". princeton.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2018. Besoek op 12 April 2016.
  5. (en) Kenneth Janda, Jeffrey M. Berry en Jerry Goldman (2010). The Challenge of Democracy: American Government in Global Politics. Cengage Learning. p. 276. Besoek op 12 April 2016.
  6. (en) Samuel Kernell, Gary C. Jacobson, and Thad Kousser. "Background of Political Parties in the United States". ProCon.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 12 April 2016.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne