Denemarke

Koninkryk Denemarke
Kongeriget Danmark (Deens)
Vlag van Denemarke Wapen van Denemarke
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Forbundet, forpligtet, for Kongeriget Danmark
(Deens vir: "Verenig, toegewyd, vir die Koninkryk van Denemarke")
Volkslied: Der er et yndigt land
(Deens vir: "Daar is 'n pragtige land")

Koninklike Volkslied:
Kong Christian stod ved højen mast

(Deens vir: "Koning Christian staan by die hoë mas")
Ligging van Denemarke
Hoofstad Kopenhagen

55°43′N 12°34′O / 55.717°N 12.567°O / 55.717; 12.567

Grootste stad Kopenhagen
Amptelike tale Deens
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Frederik X
Mette Frederiksen
Onafhanklikheid
• Vorming
• Kerstening
• Huidige grondwet
Faroëse tuisregering
Groenlandse tuisregering

ca. 8ste eeu
ca. 965
5 Junie 1849
24 Maart 1948
1 Mei 1979
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
43 094[1] km2  (130ste)
16 639 myl2
1,74 (2015)[2]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - Digtheid
 
5 935 619[3] (112de)
138,22 / km2
358,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$458,087 miljard[4] (52ste)
$77 480[4] (10de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$431,248 miljard[4] (37ste)
$72 940[4] (9de)

MOI (2021) 0,948[5] (6de)  –  baie hoog
Gini (2020) 27,5[6](6de) –  laag
Geldeenheid Kroon (DKK)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+01)
MEST (UTC+02)
Internet-TLD .dk
Skakelkode +45
Portaal Europa

Denemarke (Deens: Danmark, [ˈd̥ɛnmɑɡ̊], ), amptelik die Koninkryk Denemarke (Kongeriget Danmark, [ˈkʰɔŋəʁiːəð ˈtænmak], ), is geleë in Noord-Europa in die gebied wat as Skandinawië bekend staan. Dit is 'n grondwetlike monargie met koning Frederik X as simboliese leier en 'n eenkamerparlement, die Folketinget.

Nasa-satellietbeeld van Denemarke
Die Öresundbrug verbind die Deense hoofstad Kopenhagen met die Suid-Sweedse stad Malmö

Denemarke is met 'n oppervlakte van sowat 43 000 vierkante kilometer die kleinste van die Skandinawiese lande, maar nogtans die mees digbevolkte en ten opsigte van sy bevolking ook die tweede grootste ná Swede. Denemarke bestaan uit die skiereiland Jutland (Deens: Jylland) – in geologiese opsig 'n uitbreiding van die Noord-Duitse Vlakte – en 'n groot aantal eilande waarvan sowat 100 bewoon is. Seeland (Deens: Sjælland), wat naby die Suid-Sweedse kus lê, is die grootste en mees digbevolkte van die eilande.

Denemarke se hoofstad Kopenhagen is aan die nou seestraat van die Øresund geleë, 'n deurvaart wat van die Kattegat na die Oossee lei. Denemarke se kontrole oor al drie deurvaarte, wat die Atlantiese Oseaan met die Oossee verbind – naas die Sund ook die Groot en Klein Belt (Deens: Store og Lille Belt), het van die land gedurende die Middeleeue 'n Noord-Europese groot moondheid gemaak wat sy buurlande oorheers en sy magsgebied tot by Noorweë, Ysland, Groenland en die Faroëreilande uitgebrei het. Die twee laasgenoemde gebiede is nog steeds Deense besittings.

Die land vorm in sommige opsigte 'n soort oorgang tussen Middel- en Noord-Europa – sy landskappe en klimaat kom grootliks ooreen met dié van Noord-Duitsland en lyk baie min op dié van die Skandinawiese skiereiland (behalwe vir Suid-Swede).

Vanweë sy taalkundige erfenis – Deens maak deel uit van die Noord-Germaanse en Oos-Nordiese taalfamilie – en 'n gemeenskaplike geskiedenis van meer as duisend jaar, waartydens die land saam met Noorweë of Swede deur dieselfde koningshuis geregeer is, handhaaf Denemarke nou politieke en kulturele bande met die ander vier Nordiese lande Swede, Noorweë, Finland en Ysland.

Denemarke het egter ook in politieke en kulturele opsig steeds 'n brugfunksie tussen Middel- en Noord-Europa vervul. Die Deense koning was as die heerser van Sleeswyk en Holstein ook 'n vors van die Heilige Romeinse Ryk, en Denemarke was die eerste Nordiese land wat by die Europese Unie aangesluit het. Die land het egter geen lidstaat van die Eurosone geword nie.

Ná 'n vinnige industrialisering in die 19de en 20ste eeu het Denemarke, wat nog steeds oor 'n hoogs moderne landbousektor beskik, tot een van die mees gevorderde nywerheidslande ontwikkel. Die land het 'n welvaartstelsel volgens die Nordiese model.

  1. (en) "Denmark". Central Intelligence Agency. Besoek op 3 Maart 2024.
  2. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 3 Maart 2024.
  3. (da) "Population and population projections". Statistiek Denemarke. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2018. Besoek op 30 Oktober 2018.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Denmark". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 3 Maart 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 3 Maart 2024.
  6. (en) "Gini Index – Denmark". Wêreldbank. Besoek op 3 Maart 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne