Geskrewe taal

Geskrewe taal is die weergawe van gesproke taal wat deur middel van ʼn simbolestelsel die spraakklanke verteenwoordig, ook genoem skrif. Geskrewe taal, in teenstelling met gesproke taal, is ʼn uitvinding wat saam met die moderne mens ontwikkel het. Kinders leer met behulp van aangebore vermoëns slegs gesproke of gebaretaal aan.

Geskrewe taal word meestal gemanifesteer as literêre tradisie en is altyd in aanvulling tot ʼn natuurlike taal soos Nederlands of Frans. Dus bestaan geen lewende tale wat uitsluitlik in geskrewe vorm voorkom nie en sekere soorte kunsmatige tale soos programmeertale word buit rekening gelaat. By dooie tale het slegs die geskrewe vorm in bewaring gebly. Geskrewe taal is geneig om langer te neem om te verander as gesproke taal. Indien die geskrewe en gesproke taal drasties van mekaar verskil soos in die geval van Arabies word gepraat van diglossie. Dit kom veral voor tussen literêre taal teenoor "gewone" skryftaal.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne