Gregoriaanse kalender

Die Gregoriaanse kalender, wat tans regoor die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII (hierdie dokument is gedateer 1581 aangesien die kalenderjaar in daardie tyd in Maart begin het).

Die Gregoriaanse kalender is ontwerp omdat die gemiddelde jaar in die Juliaanse kalender effe te lank was, wat veroorsaak het dat die dag-en-nag-ewening geleidelik vroeër in die kalenderjaar geskuif het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne