Grieks

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Grieke.
Grieks
ελληνικά
elliniká 
Uitspraak: [eliniˈka]
Gepraat in: Vlag van Griekeland Griekeland
Flag of Cyprus Siprus
Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Italië Italië
Vlag van Albanië Albanië
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Egipte Egipte
Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Oekraïne Oekraïne 
Gebied: Suid-Europa
Totale sprekers: 13,1 miljoen[1] 
Rang: 111
Taalfamilie: Indo-Europees
 Helleens
  Grieks 
Skrifstelsel: Griekse alfabet; in die verlede: Lineêr B, Sipriese lettergreepskrif 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Griekeland Griekeland
Flag of Cyprus Siprus
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: el
ISO 639-2: gre (B)T
ell (T)
ISO 639-3: ell 
Verspreiding van Grieks
Indo-Europese tale
Indo-Europese tale
Albanees | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies

Die Griekse taal (ελληνικά, elliniká, [eliniˈka], letterlik: "Helleens" of ελληνική γλώσσα, ellinikí glóssa, [eliniˈci ˈɣlosa], , letterlik: "Helleense taal") is 'n Indo-Europese taal wat bestaan vanaf ongeveer die 14de eeu v.C. in die Kretiese inskrywings genaamd Linear B. Miceense Grieks van hierdie periode word onderskei van latere Klassieke of Antieke Grieks vanaf die 8ste eeu v.C. en later, toe tekste in die Griekse alfabet begin skryf is.

Moderne Grieks is 'n lewende taal en een van die rykste oorblywende tale vandag, met meer as 600 000 woorde. Sekere vakkundiges plaas baie klem op die ooreenkomste met millennia-oue Griekse tale. Die onderlinge verstaanbaarheid met antieke Grieks is 'n saak van debat: Daar word aangevoer dat 'n "redelik goedgeleerde" spreker van die moderne taal die antieke dialekte sal kan lees, maar dit is nie duidelik gemaak hoeveel van hierdie opvoeding bestaan uit blootstelling tot woordeskat en grammatika wat verouderd in normale kommunikasie is nie. Grieks vanuit die Hellenistiese en Bisantynse tye is merkbaar nader aan Moderne Grieks. Vanaf 1834 tot 1976 is daar 'n poging aangewend om Καθαρεύουσα (Katharevousa, [kaTa'revus], "gereinigde taal", 'n poging om eeue-oue natuurlike linguistieke verandering aan 'n taal te korrigeer) as die enigste aanvaarbare vorm van Grieks in Griekeland te maak. Ná 1976 is Δημοτική (Dhimotiki, [Dimoti'ci], "taal van die mense") uiteindelik deur die Griekse regering aanvaar as beide die de facto en de jure vorme van die taal. 'n Groot hoeveelheid woorde en uitdrukkings bly onveranderd deur die eeue behoue, en word gevind in 'n aantal ander tale, insluitend Latyn, Nederlands, Italiaans, Duits, Frans, Engels en Afrikaans. Tipiese voorbeelde hiervan sluit meeste terminologiename in, soos astronomie, demokrasie, filosofie, antropologie ens.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Greek" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 29 April 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne