Guernsey

Distrik van die eiland Guernsey
Bailiwick of Guernsey (Engels)
Bailliage de Guernesey (Frans)
Bailliage dé Guernési (Normandies)
Vlag van Guernsey Wapen van Guernsey
Vlag Wapen
Volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")

Sarnia Cherie
Ligging van Guernsey
Hoofstad Saint Peter Port (St. Pierre Port)

49°27′N 2°33′W / 49.450°N 2.550°W / 49.450; -2.550

Grootste stad Saint Peter Port (St. Pierre Port)
Amptelike tale Engels en Frans
Regering

Hertog van Normandië
• Luitenant-goewerneur
Balju
• Uitvoerende Hoof
Parlementêre demokrasie binne
’n grondwetlike monargie
Charles III
Richard Cripwell
Richard McMahon
Peter Ferbrache
Onafhanklikheid
Vorming
• Administratiewe skeiding
van vastelandse Normandië
• Bevryding
van Nazi-Duitsland

Kroongebied

1204

9 Mei 1945
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
78 km2  (223ste)
30 myl2
0
Bevolking
 - 2016-skatting
 - Digtheid
 
67 334 (206de)
844 / km2 (14de)
2 185,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2003-skatting

$2,1 miljard (176ste)
£33 123 (10de)

MOI (2008) 0,975[1] (9de)  –  baie hoog
Geldeenheid Pond sterling (amptelik)
Guernsey-pond (ook gebruik) (GBP)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
WEST (UTC+1)
Internet-TLD .gg
Skakelkode +44

Guernsey (amptelik die Distrik van die eiland Guernsey; Engels: Bailiwick of Guernsey; Frans: Bailliage de Guernesey; Guernésiais: Guern; Normandies: Bailliage dé Guernési) is die tweede grootste van die Kanaaleilande digby die kus van Noord-Frankryk en net soos die eilande Man en Jersey 'n besitting van die Britse Kroon, wat nie deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie. Die eiland met 'n oppervlak van 78 vierkante kilometer het 67 334 inwoners in 2016 gehad. Die eilande Alderney, Herm en Sark behoort ook aan Guernsey.

Die eiland is 'n oorblyfsel van die historiese hertogdom van Normandië, en die plaaslike Frans-Normandiese dialek Guernésiais word as streektaal erken. Engels en Frans is die amptelike tale. Frans bly tot die jaar 1946 'n amptelike taal van die regering, maar sy gebruik is vandag beperk tot 'n aantal seremonies soos die gebed voor die opening van die Staatsvergadering. Frans is egter 'n verpligte skoolvak.

  1. (en) "Filling Gaps in the Human Development Index" (PDF). United Nations ESCAP. Februarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Oktober 2011. Besoek op 5 Oktober 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne