Hoofstad

'n Uitsig oor Pretoria, Suid-Afrika se uitvoerende hoofstad
Bloemfontein, geregtelike hoofstad van Suid-Afrika
Kaapstad is Suid-Afrika se wetgewende hoofstad

'n Hoofstad is 'n belangrike stad in 'n gebied (soos 'n land of 'n provinsie) wat sentraal staan in 'n sekere sin (gewoonlik 'n politieke sin). Die hoofstad van 'n land verwys gewoonlik na die setel van die regering van die land.

Daar kan ook verwys word na 'n stad as die ekonomiese of kulturele hoofstad van 'n gebied. Dit kan daarop dui dat die stad die meeste ekonomiese of kulturele aktiwiteit beleef of as sodanige middelpunt gesien word deur meeste mense.

In party gevalle het lande meer as een hoofstad, of die setel is in 'n ander stad as die hoofstad:


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne