Irannese kalender

Die Irannese kalender (ook bekend as Persiese kalender of die Jalāli kalender) is 'n sonkalender wat in Iran, Koerdistan en Afghanistan gebruik word. Die kalender is op observasie eerder as vaste reëls gebaseer.

Elke nuwe jaar begin op die lente-Dag-en-nag-ewening soos bepaal deur presiese astronomiese observasie vanuit Teheran (of die 52.5°O meridiaan) en Kabul. Dit maak die kalender akkurater as die Gregoriaanse kalender, maar dit is moeiliker om skrikkeljare te bepaal.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne