Julius Caesar

Julius Caesar
Diktator van die Romeinse Republiek
Julius Caesar
Julius Caesar
Regeer Oktober 49 v.C. – 15 Maart 44 v.C.
Volle naam Gaius Julius Caesar
Gebore 13 Julie 100 v.C.; Suburra, Rome
Oorlede 15 Maart 44 v.C.; Rome (op 55)
Opvolger Augustus Octavianus, as keiser van die Romeinse Ryk
Adellike huis Julio-Claudiese dinastie
Vader Gaius Julius Cæsar
Moeder Aurelia Cotta
Eggenote Cornelia Cinna minor
Pompeia
Calpurnia Pisonis
Kinders Julia Caesaris
Caesarion
Augustus Octavianus
Die Galliese veldtogte van Julius Caesar

Gaius Julius Caesar (100 v.C. – 44 v.C.) was 'n Romeinse militêre en politieke leier en een van die mees invloedryke figure in die klassieke geskiedenis. Hy het 'n rol gespeel in die transformasie van die Romeinse Republiek na die Romeinse Ryk. Caesar was 'n gewilde politikus en het 'n triumviraat saam met Marcus Licinius Crassus en Pompeius gevorm. Met sy suksesvolle oorlog in Gallië het Rome toegang verkry tot die Atlantiese Oseaan en sodoende was hy ook verantwoordelik vir die inval van Brittanje in 55 v.C.

Toe Julius Caesar se soldate die Rubiconrivier oorsteek, het 'n burgeroorlog in 49 v.C. uitgebreek. Hy het hierna absolute mag oor die senaat in Rome verkry en is as diktator verklaar. Caesar is in 44 v.C. deur 'n groep ontevrede senators, gelei deur Markus Junius Brutus, vermoor. In 42 v.C. het die senaat hom as 'n heilige verklaar. Shakespeare se drama Julius Caesar handel oor dié gebeure.[1]

Heelwat van Caesar se lewe is bekend omdat hy self vele boeke geskryf het en baie van die klassieke geskiedkundiges het ook oor hom geskryf soos Appianus, Strabo en Plutarchus.

As staatsman het hy deur middel van wetgewing en soms persoonlike tussenkoms die weg gebaan vir die gematigde monargale bestel van keiser Augustus (regeer, 27 v. C.-14 n.C.), waarmee die steeds groeiende ryk beter bestuur kon word as deur die ou, uitgediende republikeinse staatsvorm van Rome.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne