Kaapstad

Kaapstad

Cape Town (en)
iKapa (xh)
Stad
Wapen van Kaapstad
Wapen
Byname: 
"Moederstad"
Leuse(s): 
Spes Bona[1]
(Latyns vir: "Goeie Hoop")
Kaapstad is in Wes-Kaap
Kaapstad
Kaapstad
 Kaapstad se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°55′31″S 18°25′26″O / 33.92528°S 18.42389°O / -33.92528; 18.42389Koördinate: 33°55′31″S 18°25′26″O / 33.92528°S 18.42389°O / -33.92528; 18.42389
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
MunisipaliteitStad Kaapstad
Stigting6 April 1652[2]
Regering
 • BurgemeesterGeordin Hill-Lewis (DA)
 • AdjunkburgemeesterEddie Andrews
 • StadsbestuurderAchmat Ebrahim
Oppervlak
 • Stad400,28 km2 (154,55 vk. myl)
 • Metro
2 444,97 km2 (944,01 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[4]
 • Stad433 688
 • Digtheid1 083/km2 (2 800/vk. myl)
 • Metro3 740 026
 • Metrodigtheid1 500/km2 (4 000/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense32,3%
 • Indiërs/Asiërs3,4%
 • Bruin mense44,6%
 • Swart mense15,8%
 • Ander3,9%
Taal (2011)
 • Afrikaans 34,9%
 • Xhosa 29,2%
 • Engels 27,8%
 • Ander 8,1%
Poskode (strate)
7700–8099
Poskode (posbusse)
8000
Skakelkode27 (0)21
WebwerfKaapstad-munisipaliteit

Kaapstad (Engels: Cape Town [ˈkeɪptaʊn], Xhosa: iKapa) is (as die wetgewende hoofstad) een van die drie hoofstede van die Republiek van Suid-Afrika. Dit is ook die setel van die Suid-Afrikaanse parlement. Die ander twee hoofstede is Pretoria (die uitvoerende hoofstad) en Bloemfontein (die geregtelike hoofstad). Hierbenewens is Kaapstad die administratiewe en parlementêre hoofstad van die provinsie Wes-Kaap en die naasgrootste stad in Suid-Afrika ná Johannesburg.[6] Die Kaapstad Internasionale Lughawe is die naasgrootste lughawe in die land ná Johannesburg–O.R. Tambo.

Satellietbeeld van Kaapstad

Kaapstad lê aan die suidkus van Afrika en word ook die Moeder-stad van Suid-Afrika genoem. Die stad is oorspronklik as 'n verversingspos vir Nederlandse skepe op pad na Oos-Afrika, Indië en die Verre-Ooste aangelê. Dit was ook een van die eerste permanente Europese nedersettings in Afrika suid van die Sahara. Hier het die leier van die Goringkhoina in 1652 met die Hollanders van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (in destydse Nederlands: Vereenigde Oostindische Compagnie, VOC) kontak gemaak.

Van 'n klein hawe het Kaapstad vinnig tot die grootste stad in Suid-Afrika ontwikkel, wat eers met die goudstormloop aan die Witwatersrand in 1887 deur die nuutgestigte Johannesburg verbygesteek is. Nogtans huisves Kaapstad volgens die sensus van 2011 met 'n bevolking van 1,3 miljoen die grootste Afrikaanssprekende gemeenskap van enige stad in Suid-Afrika. Dit is ook die enigste groot stad in die land waarin bruin Suid-Afrikaners 'n relatiewe meerderheid van die bevolking vorm.

Kaapstad is danksy sy natuurskoon en sy ligging aan die voet van die wêreldbekende Tafelberg vandag een van die mees gesogte internasionale toeristebestemmings en 'n gunstelingstad van die internasionale rolprent- en reklamebedryf.[7] Volgens 'n studie in 2018 deur Mercer, oor die lewenskwaliteit in 231 stede regoor die wêreld, het Kaapstad die 94ste plek verwerf, die naasbeste in Suid-Afrika net ná Durban. Wat persoonlike veiligheid betref, staan Suid-Afrikaanse metropole egter op die onderste sporte van die leer.[8]

Terwyl die chemiese bedryf van die 1970's af agteruitgegaan het en die plaaslike tekstiel- en skoennywerhede hulle in die 1990's teen goedkoop invoere vasgeloop het, het die vestiging van ondernemings uit die hoëtegnologiebedryf van Kaapstad en sy omgewing 'n spilpunt van navorsing gemaak. Reeds in 1987 het die Kaapstadse Stadsraad en die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie met TegnoKaap (TechnoCape) 'n liggaam in die lewe geroep wat beleggings in die hoëtegnologiesektor bevorder het.[9]

  1. (en) "Cape Town (South Africa)". Crwflags.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2018. Besoek op 12 Februarie 2019.
  2. (en) "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 24 September 2016.
  3. (en) Pollack, Martin (31 Mei 2006). "Achmat Ebrahim is the new city manager of Cape Town". Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 April 2008. Besoek op 25 Maart 2007.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 "Hoofplek Kaapstad". Sensus 2011.
  5. (en) "City of Cape Town". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 12 Februarie 2019.
  6. (en) Africa, Statistics South. "Metropolitan Municipality | Statistics South Africa". www.statssa.gov.za. Besoek op 12 Februarie 2019.
  7. (en) www.kapstadt.com: Mountain Media Production Geargiveer 15 Junie 2008 op Wayback Machine
  8. (en) "Quality of Living Ranking". Mercer.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 12 Februarie 2019.
  9. Corporation for Economic Development: Growth: Journal of Development in Southern Africa, Volumes 7-8, 1987, bl. 19

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne