Kambodja

Koninkryk Kambodja
ព្រះរាជាណាចក្រកម្ពុជា
Preăh Réachéanachâkr Kâmpŭchéa (Khmer)
Vlag van Kambodja Wapen van Kambodja
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
(tr.: Cheate Sasanea Preahmhaksaat)
(Khmer vir: "Nasie, godsdiens, koning")
Volkslied: បទនគររាជ
(tr.: Nokor Reach)
(Khmer vir: "Majestueuse koninkryk")
Ligging van Kambodja
Hoofstad Phnom Penh

11°33′N 104°55′O / 11.550°N 104.917°O / 11.550; 104.917

Grootste stad Phnom Penh
Amptelike tale Khmer
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Norodom Sihamoni
Hun Manet (CPP)
Onafhanklikheid
Vorming
• Koninkryk Funan
• Koninkryk Chenla
Khmer-ryk
• Middel-tydperk
• Franse kolonisasie
• Onafhanklikheid
• Monargie herstel


68550
550802
8021431
14311863
11 Augustus 1863
9 November 1953
24 September 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
181 035[1] km2  (90ste)
69 898 myl2
2,5
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2008-sensus
 - Digtheid
 
16 891 245[1] (72ste)
13 395 682[2]
94,4 / km2 (118de)
244,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$106,714 miljard[3] (97ste)
$6 541[3] (144ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$33,233 miljard[3] (108ste)
$2 037[3] (151ste)

MOI (2021) 0,593[4] (146ste)  –  medium
Geldeenheid Riel1 (KHR)
Tydsone
 - Somertyd
ICT (UTC+7)
nie toegepas nie (UTC+7)
Internet-TLD .kh
Skakelkode +855
1. Die Amerikaanse dollar word dikwels ook gebruik.[5]

Kambodja, amptelik die Koninkryk Kambodja (Khmer: , prĕəh riəciənaacak kampuciə, [prĕəh riə.ciə.naː.caʔ kam.pu.ciə]), ook Kampuchea (កម្ពុជា, [kam.pu.ciə]), is 'n land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 181 035 km² en 'n bevolking van sowat 16,9 miljoen. Kambodja is die opvolgerstaat van die eens magtige Hindoe- en Boeddhistiese Khmer-ryk, wat oor die grootste deel van die Indo-Chinese Skiereiland regeer het tussen die 11de en 14de eeue.

Nasa-Satellietbeeld van Kambodja

'n Burger van Kambodja word gewoonlik geïdentifiseer as 'n "Kambodjaan" of "Khmer", wat streng gesproke slegs na etniese Khmere verwys. Meeste Kambodjane is Theravada-Boeddhiste van Khmer-afkoms, maar die land het ook 'n beduidende aantal oorwegend Islamitiese Cham, sowel as klein heuwelstamme. Die hoofstad en grootste stad van Kambodja is Phnom Penh.

Kambodja grens aan Thailand in die weste en noordweste, Laos in die noordooste en Viëtnam in die ooste en suidooste. In die suide word dit begrens deur die Golf van Thailand en 'n klein stukkie langs die Suid-Chinese See. Die geografie van Kambodja word oorheers deur die Mekongrivier (in die volksmond in Khmer: Tonle Thom of "die groot rivier") en die Tonlé Sap ("die varswaterrivier"), 'n belangrike visbron. Die land se lae ligging beteken dat groot dele van die land byna op of onder seevlak is en lei daartoe dat die hoofwaterbron van die Mekong se vloei in die reënseisoen omkeer en in die naburige Tonle Saprivier invloei.

Kambodja se hoofnywerhede is die tekstielbedryf en toerisme. In 2007 het die getal buitelandse toeriste die viermiljoenvlak verbygesteek.[6] In 2005 is ruolie- en aardgasneerslae onder Kambodja se gebiedswater ontdek en daar word gemeen dat wanneer kommersiële ontginning in 2009 of 2010 begin, dit 'n groot impak op die land se ekonomie sal hê.[7] Kambodja is 'n lidland van die streekorganisasie ASEAN.

  1. 1,0 1,1 (en) "Cambodia". Central Intelligence Agency. Besoek op 10 Maart 2024.
  2. (en) Cambodian National Institute of Statistics, besoek op 6 Desember 2013.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Cambodia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 10 Maart 2024.
  4. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 10 Maart 2024.
  5. (en) Chinese Universiteit van Hongkong. "Historical Exchange Rate Regime of Asian Countries: Cambodia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2006. Besoek op 6 Desember 2013.
    (en) Riel or dollar: which currency for Cambodia, in a context of crisis? Geargiveer 4 Maart 2012 op Wayback Machine
  6. (en) San Miguel eyes projects in Laos, Cambodia, Myanmar Geargiveer 19 Oktober 2014 op Wayback Machine
  7. (en) [1] Geargiveer 29 Augustus 2007 op Wayback Machine

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne