Kameroen

Republiek Kameroen
Republic of Cameroon (Engels)
République du Cameroun (Frans)
Vlag van Kameroen Wapen van Kameroen
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Paix – Travail – Patrie (Frans)
Peace – Work – Fatherland (Engels)
(Afrikaans: "Vrede – Arbeid – Vaderland")
Volkslied:
Ô Cameroun, Berceau de nos Ancêtres (Frans)
O Cameroon, Cradle of Our Forefathers (Engels)
(Afrikaans: "O Kameroen, Wieg van ons voorvaders")
Ligging van Kameroen
Hoofstad Yaoundé[1]

3°52′N 11°31′O / 3.867°N 11.517°O / 3.867; 11.517

Grootste stad Douala[1]
Amptelike tale Engels en Frans
Regering Unitêre dominante party
presidensiële republiek onder
'n totalitêre diktatorskap[2][3]
Paul Biya
Joseph Dion Ngute
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Vereniging met
Brits-Kameroen
van Frankryk
1 Januarie 1960

1 Oktober 1961
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
475 442 km2  (53ste)
183 569 myl2
0,57
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2005-sensus
 - Digtheid
 
26 545 864[4] (51ste)
17 463 836[5]
39,7 / km2 (167ste)
102,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$101,366 miljard[6]
$3 974[6]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$40,125 miljard[6]
$1 573[6]

MOI (2017) 0,556[7] (151ste)  –  medium
Gini (2014) 46,6[8] –  medium
Geldeenheid CFA-frank (XAF)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD .cm
Skakelkode +237

Kameroen (Engels: Cameroon, [kæməˈruːn]; Frans: Cameroun, [kamˈʁun], ), amptelik die Republiek Kameroen (Republic of Cameroon; République du Cameroun), is 'n unitêre republiek in Sentraal-Afrika. Dit grens aan Nigerië, Tsjad, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, die Republiek van die Kongo, Gaboen, Ekwatoriaal-Guinee en die Golf van Guinee. Nadat dit oorspronklik 'n Duitse kolonie was word dit na die Eerste Wêreldoorlog tussen die Franse en Britte verdeel. In 1960 word Frans-Kameroen 'n onafhanklike republiek en smelt in 1961 met die suidelike deel van Brits-Kameroen saam om die Federale Republiek Kameroen te vorm. Dit word in 1972 herdoop tot die Verenigde Republiek Kameroen en die Republiek Kameroen (Engels: Republic of Cameroon of Frans: République du Cameroun) in 1984 (die amptelike tale is Engels en Frans). Kameroen het meestal stabiliteit ervaar wat die land toegelaat het om landbou, paaie, en spoorweë, sowel as 'n petroleumindustrie te ontwikkel. Ten spyte van beweging in die rigting van politiese hervorming bly mag stewig in die hande van 'n etniese oligargie.

  1. 1,0 1,1 (en) "Cameroon". Central Intelligence Agency. Besoek op 11 Augustus 2020.
  2. (en) "Totalitarian Dictatorship and Autocracy In Cameroon Undermines Separation of Powers". Cameroon Concord. 16 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.
  3. (en) "Freedom in the World 2018 – Cameroon". freedomhouse.org. 4 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.
  4. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 7 Januarie 2019.
  5. (fr) "Rapport de présentation des résultats définitifs" (PDF). Institut national de la statistique. p. 6. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Julie 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Cameroon". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 7 Januarie 2019.
  7. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 7 Januarie 2019.
  8. (en) "Cameroon". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Januarie 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne