Kelvin

'n Termometer wat in albei kelvins en grade Celsius gekalibreer is.

Die kelvin (simbool: K) is die SI-eenheid van temperatuur en is een van die sewe SI-basiseenhede. Dit word gedefinieer as 'n 1/273,16 fraksie van die termodinamiese temperatuur van die trippelpunt van water. 'n Temperatuur wat in kelvin sonder enige voorbehoud aangedui word, word gemeet ten opsigte van absolute nul waar die molekulêre beweging ophou. Dit is ook algemene praktyk om 'n temperatuur relatief tot 'n verwysingstemperatuur van 273,15 K aan te dui, wat ongeveer ooreenstem met die smeltpunt van water onder normale toestande; hierdie konvensie is die Celsius-temperatuurskaal.

Die kelvin is vernoem na die Britse fisikus en ingenieur William Thomson, wat later na hy tot die adelstand verhef is, as Lord Kelvin bekend gestaan het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne