Kenia

Republiek Kenia
Republic of Kenya (Engels)
Jamhuri ya Kenya (Swahili)
Vlag van Kenia Wapen van Kenia
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Harambee (Swahili)
Let us all pull together (Engels)
(Afrikaans: "Laat ons saam werk")
Volkslied: Ee Mungu Nguvu Yetu (Swahili)
O God of all creation (Engels)
(Afrikaans: "O God van die ganse skepping")
Ligging van Kenia
Hoofstad Nairobi

1°16′S 36°48′O / 1.267°S 36.800°O / -1.267; 36.800

Grootste stad Nairobi
Amptelike tale Engels en Swahili
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
William Ruto
Rigathi Gachagua
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Republiek

12 Desember 1963
12 Desember 1964
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
580 367[1][2] km2  (48ste)
224 081 myl2
2,3
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2019-sensus
 - Digtheid
 
55 864 655[3] (27ste)
47 564 296[4]
78 / km2 (124ste)
202 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$308,671 miljard[5]
$6 061[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$114,679 miljard[5]
$2 252[5]

MOI (2021) 0,575[6] (152ste)  –  laag
Gini (2015) 40,8[7](48ste) –  medium
Geldeenheid Sjieling (KES)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .ke
Skakelkode +254

Kenia (Engels en Swahili: Kenya, [ˈkɛɲa], ), amptelik die Republiek Kenia (Engels: Republic of Kenya, Swahili: Jamhuri ya Kenya), is 'n land in Afrika en 'n stigterslid van die Oos-Afrika Gemeenskap (OAG). Die hoofstad en grootste stad is Nairobi. Kenia se gebied lê aan die ewenaar en strek oor die Oos-Afrikarif wat 'n diverse en uitgebreide terrein dek, wat rofweg vanaf die Victoriameer tot by die Turkanameer is en verder tot by die Indiese Oseaan. Dit grens aan Tanzanië in die suide, Uganda in die weste, Suid-Soedan in die noordweste, Ethiopië in die noorde en Somalië in die noordooste. Kenia se grondgebied beslaan 580 367 vierkante kilometer en het in 2022 'n bevolking van sowat 56 miljoen mense getel.[8]

Kaart van Kenia

Die Groot Mere van Afrika-streek, waarvan Kenia 'n deel is, is reeds sedert die Laer Paleolitiese-periode deur mense bewoon. Teen die eerste millennium n.C. het die Bantoe-uitbreiding die gebied van Sentraal-Wes-Afrika bereik. Die grense van die moderne land het bestaan uit die kruispaaie van die Niger-KongoNilo-Sahara en die Afro-Asiatiese gebiede van die vasteland, wat meeste van die etnies-talige groepe in Afrika verteenwoordig het. Die Bantoevolke en Nilotiese volke het saam sowat 97% van die gebied se bevolking verteenwoordig.[9] Die Europese en Arabiese teenwoordigheid in die kusgebied van Mombasa dateer terug na die Vroeë Moderne-periode. Die Europese verkenning van die binneland het in die 19de eeu begin. Die Britse Ryk het die Oos-Afrika-Protektoraat in 1895 gestig, wat in 1920 die begin was van die Kolonie Kenia. Kenia het in Desember 1963 sy onafhanklikheid verkry. Na 'n referendum in Augustus 2010 aanvaar die land sy nuwe grondwet. Kenia is deesdae verdeel in 47 semi-selfregerende gebied wat deur verkose goewerneurs bestuur word.

Die hoofstad Nairobi is 'n streeks-kommersiële spilpunt.[10][11] Landbou is 'n belangrike werkskepper. Die land se belangrikste, tradisionele uitvoerprodukte is tee en koffie, maar het onlangs begin om vars blomme na Europa uit te voer.

  1. (en) "Demographic Yearbook – Table 3: Population by sex, rate of population increase, surface area and density" (PDF). United Nations Statistics Division. 2012. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2020. Besoek op 4 September 2017.
  2. (en) "United Nations Statistics Division – Demographic and Social Statistics". Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2015. Besoek op 4 September 2017.
  3. (en) "Kenya". Central Intelligence Agency. Besoek op 28 September 2022.
  4. (en) "2019 Kenya Population and Housing Census Results". Kenia se nasionale buro vir statistiek. 4 November 2019. Besoek op 15 November 2019.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Kenya". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 28 September 2022.
  6. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 28 September 2022.
  7. (en) "Gini index – Kenya". Wêreldbank. Besoek op 28 September 2022.
  8. (en) Central Intelligence Agency (8 Mei 2018). "Kenya". The World Factbook. Langley, Virginië: Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 10 Mei 2018.
  9. (en) Karanja, Muchiri (3 September 2010). "Myth shattered: Kibera numbers fail to add up". Daily Nation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2018. Besoek op 4 September 2010.
  10. (en) Ethiopia GDP purchasing power 2010: 86 billion.
  11. (en) Kenya GDP purchasing power 2010: 66 Billion.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne