Klank

'n Mens se oor.
Skematiese voorstelling van gehoor.

Klank word gedefinieer as meganiese saampersing van verplasingslyngolwe wat deur 'n medium (vastestof, vloeistof of gas) propageer. Meeste klanke is kombinasies van seine, maar 'n teoretiese suiwer klank kan gedefinieer word as iets met 'n sekere tempo van ossilasie of frekwensie wat in Hertz (Hz) gemeet word, asook 'n amplitude of klankdruk wat gemeet word in desibel (dB).

Die omvang van klank wat vir die menslike oor hoorbaar is val ongeveer tussen 20 Hz en 20 kHz. Bo en onder hierdie omvang lê onderskeidelik ultraklank en infraklank. Klank beweeg teen 332 m s by 273 K in lug. (Sien die spoed van klank)

Mense en heelwat diere neem klank waar met die sintuig van gehoor in hulle ore, maar klanke met lae frekwensie kan ook deur ander liggaamsdele waargeneem word. Klank word op verskeie maniere gebruik, veral vir kommunikasie deur middel van spraak of, byvoorbeeld, musiek. Klankwaarneming kan ook gebruik word om inligting te versamel oor die omliggende omgewing soos ruimtelike eienskappe en die teenwoordigheid van ander diere of voorwerpe.

Vlermuise, byvoorbeeld, gebruik 'n soort eggo-plasing om te vlieg. Skepe en duikbote gebruik sonar. Mense versamel en gebruik ruimtelike inligting wat in klanke waargeneem word. Die gehooromvang varieer tussen verskillende diere: Vlermuise het 'n buitengewoon groot omvang, terwyl paddas 'n klein omvang het. Tipiese frekwensies (in Hertz) word hier gegee:

Alles wat ons hoor, is klank. Dit kan aangenaam of onaangenaam, hard of sag, hoog of laag wees. Klank word veroorsaak deur voorwerpe wat tril of vibreer, d.w.s. vinnig heen en weer beweeg. As ons 'n rubberband styf span tussen ons vingers en dit 'n plukkie gee, kan ons dit sien beef en ook die klank hoor wat daardeur veroorsaak word. In ons keel is stembande. Soos die rubberband, tril hulle.

Maar hul beweging word veroorsaak deur die lug wat van die longe by hulle verbygaan. Ons kan hierdie trillings voel. As ons ons vingers op die keel hou terwyl -ons praat. Die gezoem van 'n muskiet se vlerke en die geruis van die wind deur bome is ook klank. Wanneer die muskiet se vlerke nie meer beweeg nie en die wind gaan lê, hou die klank op. Ons moet dus beweging hê om klank te kry.

  1. Phys.org 8 Mei 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne