Konstitusionele Hof van Suid-Afrika


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings
Gebou van die Konstitusionele Hof in Braamfontein, Johannesburg.
Hofsaal van die Konstitusionele Hof.
Voorkant van die Konstitusionele Hof.
'n Ewige vlam brand op Konstitusie-heuwel in Johannesburg, Suid-Afrika.

Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika is die hoogste hof oor grondwetlike (of konstitusionele) sake. Dit was oorspronklik slegs vir grondwetlike aangeleenthede bedoel. Sedert die inwerkingtreding van die Wet op Hoër Howe van 2013, het die Konstitusionele Hof jurisdiksie gekry om enige aangeleentheid aan te hoor, mits dit in belang van geregtigheid is om dit te doen.

Die hof is deur die Tussentydse Grondwet van 1993 daargestel. Die eerste sessie het in Februarie 1995 begin.[1] Daarna is dit ingevolge die Grondwet van 1996 voorgesit. Die hof is in die stad Johannesburg geleë, waar dit 'n doelgeboude kompleks op Konstitusie-heuwel in Braamfontein beset. Die eerste hofsitting in die nuwe gebou is in Februarie 2004 gehou.

Die Konstitusionele Hof bestaan uit elf regters. Hierdie regters word deur die President van Suid-Afrika aangestel uit 'n lys wat deur die Regterlike Dienskommissie opgestel word. Die regters van die hof dien vir 'n termyn van twaalf jaar, wat deur die parlement verleng kan word.

Die hof word deur die Hoofregter van Suid-Afrika en sy Adjunk-hoofregter gelei. Die Grondwet vereis dat 'n aangeleentheid voor die hof deur minstens agt regters aangehoor moet word. In die praktyk hoor al elf regters bykans elke saak aan. Besluite word deur 'n meerderheid bereik en skriftelike redes word verskaf.

  1. http://www.constitutionalcourt.org.za/text/judges/current/justicebessnkabinde/1.html

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne