Kuba

República de Cuba
Republiek Kuba
Vlag van Kuba Wapen van Kuba
Vlag Wapen
Nasionale leuse: "¡Patria o Muerte, Venceremos![1]
(Spaans vir: "Tuisland of die Dood, ons sal oorwin!")a
Volkslied: La Bayamesa[2]
Ligging van Kuba
Hoofstad Havana

23°8′N 82°23′W / 23.133°N 82.383°W / 23.133; -82.383

Grootste stad Havana
Amptelike tale Spaans
Regering Eenparty-Marxisties-
Leninistiese
sosialistiese republiekb
Miguel Díaz-Canel
Salvador Valdés Mesa
Manuel Marrero Cruz
Onafhanklikheid
• Tienjarige Oorlog
• Onafhanklikheidsoorlog
• Erken
• Republiek verklaar
• Kubaanse Rewolusie
• Huidige grondwet
van Spanje
10 Oktober 1868
24 Februarie 1895
10 Desember 1898
20 Mei 1902
1953–1959
10 April 2019
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
109 884 km2  (104de)
42 426 myl2
0,94
Bevolking
 - 2019-sensus
 - Digtheid
 
11 209 628[3]
102,1 / km2 (114de)
264,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2015-skatting

$254,865 miljard[4] (58ste)
$22 237[5][6] (60ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$89 689 miljard[7] (65ste)
$7 815[8] (77ste)

MOI (2017) 0,777[9] (73ste)  –  hoog
Gini (2000) 38,0[10] –  medium
Geldeenheid Peso (CUP)
Omskakelbare Pesoc (CUC)
Tydsone
 - Somertyd
KST (UTC-5)
KDT (UTC-4)
Internet-TLD .cu
Skakelkode +53
a Soos vertoon op die rugkant van die 1992 munt[11] (let daarop dat die Spaanse woord "Patria" eerder na "Tuisland" as "Vader-" of "Moederland" vertaal behoort te word).
b[12] stel dat "Kuba is 'n onafhanklike en soewereine sosialistiese staat [Artikel 1]... die naam van die Kubaanse staat is Republiek Kuba [Artikel 2]". Die gebruik van "sosialistiese republiek" om die regeringsvorm van Kuba aan te dui is byna eenvormig, maar regeringsvorms het nie 'n ooreengekome topologie nie. Byvoorbeeld, Atlapedia[13] beskryf dit as "Unitary Socialist Republic"; Encyclopædia Britannica[14] laat die woord "unitary", soos meeste ander bronne, weg.
c Van 1993 tot 2004, is die VSA-dollar benewens die peso gebruik totdat die dollar vervang is met die omskakelbare peso.

Kuba (Spaans: Cuba, [ˈkuβa]), amptelik die Republiek Kuba (Spaans: República de Cuba, [re'puβlika ðe ˈkuβa]), is 'n eilandstaat in die Amerikas en bestaan uit Kubaeiland, die grootste van die Groot-Antille, die Isla de la Juventud en 'n aantal kleiner nabygeleë eilandjies. Kuba is in die noordelike deel van die Karibiese gebied geleë naby die samekoms van die Karibiese See, die Golf van Meksiko en die Atlantiese Oseaan. Kuba is suid van die Verenigde State en die Bahamas, wes van die Turks- en Caicoseilande en Haïti en oos van Meksiko waarvan dit deur die Straat van Yucatán geskei word. Die Kaaimanseilande en Jamaika is suid van Kuba geleë.

Nasa-Satellietbeeld van Kuba

Kuba is die land met die grootste bevolking in die Karibiese Eilande. Die land se kultuur en gebruike is afkomstig uit verskeie bronne insluitend die oorspronklike Taíno en Ciboney bewoners, die Spaanse koloniale tydperk, slawe uit Afrika en die nabygeleë Verenigde State. Die eiland het 'n tropiese klimaat wat as gevolg van die omliggende see redelik matig is. Die warm water van die Karibiese See en die eiland se ligging voor die Golf van Meksiko maak Kuba kwesbaar tot gereelde orkane.

Kuba is aan die einde van die 15de eeu deur Spanje ontdek en gekoloniseer. In teenstelling met die res van Spaans-Suid-Amerika, wou Spanje Kuba in die 19de eeu as 'n kolonie behou en bereik dit eers in 1902 na ingryping van die Verenigde State ná die Spaans-Amerikaanse Oorlog sy onafhanklikheid. Vandag is die land amptelik 'n sosialistiese staat en word sedert 2018 deur Miguel Díaz-Canel geregeer. Die hoofstad is Havana en die amptelike taal is Spaans.

  1. (es) "Kubaanse peso-wette". Sentrale Bank van Kuba. 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2018. Besoek op 14 Februarie 2017.
  2. (en) "National symbols". Regering van Kuba. Besoek op 23 Oktober 2019.
  3. (es) "Population of Cuba" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op 22 Desember 2019.
  4. (en) "World Bank GDP PPP 2015, 28 April 2017 PDF". Wêreldbank. Besoek op 22 April 2018.
  5. (en) "World Bank GDP PPP 2015, 28 April 2017 PDF". Wêreldbank. Besoek op 22 April 2018.
  6. (en) "World Bank total population of Cuba in 2015 (GDP PPP divided by Population data)". Wêreldbank. Besoek op 22 April 2018.
  7. (en) "GDP (current US$)". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 22 April 2018.
  8. (en) "GDP per capita (current US$)". Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 22 April 2018.
  9. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2019.
  10. (en) "Cuba grapples with growing inequality". Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2019. Besoek op 22 April 2018.
  11. (en) Sonic.net. "1992 coin". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2016. Besoek op 26 September 2006.
  12. (en) Kubaanse regering. "The Cuban constitution". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2013. Besoek op 29 Januarie 2007.
  13. (en) Atlapedia. "Cuba". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 28 April 2007.
  14. (en) Encyclopædia Britannica. "Cuba". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2006. Besoek op 29 Januarie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne