Libanon

Republiek Libanon
الجمهورية اللبنانية (Arabies)
République libanaise (Frans)
Vlag van Libanon Wapen van Libanon
Vlag Wapen
Volkslied: كلّنا للوطن
Kulluna lil-watan
(Arabies vir: "Almal van ons, vir die Vaderland")
Ligging van Libanon
Hoofstad Beiroet

33°54′N 35°32′O / 33.900°N 35.533°O / 33.900; 35.533

Grootste stad Beiroet
Amptelike tale Arabies
Regering Unitêre konfessionalistiese
parlementêre republiek[1]
Michel Aoun
Najib Mikati
Onafhanklikheid
• Berg Libanon-emiraat
• Berg Libanon-mutasarrifaat
• Groter Libanon
• Huidige grondwet
• Onafhanklikheid verklaar
• Onafhanklikheid erken
• Franse troepe onttrek
• Israelies/Siriese besetting
• Israeliese troepe onttrek
• Siriese troepe onttrek
van Frankryk
1516
1861
1 September 1920
23 Mei 1926
22 November 1943
24 Oktober 1945
31 Desember 1946
1976–2005
24 Mei 2000
30 April 2005
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
10 452 km2  (161ste)
4 036 myl2
1,8
Bevolking
 - 2018-skatting
 - Digtheid
 
6 859 408[2][3] (109de)
560 / km2 (21ste)
1 450,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$78,931 miljard[4] (88ste)
$11 564[4] (66ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$19,126 miljard[4] (82ste)
$2 802[4] (71ste)

MOI (2019) 0,744[5] (92ste)  –  hoog
Gini (2011) 31,8[6] –  medium
Geldeenheid Pound (LPB)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .lb
Skakelkode +961

Libanon (Arabies: لبنان, Libnān, [lɪbˈnæːn]; Frans: Liban), amptelik die Republiek Libanon (Arabies: الجمهورية اللبنانية, al-Jumhūrīyah al-Lubnānīyah, [elˈʒʊmhuːɾɪjje l.ˈlɪbnæːnɪjje]; Frans: République Libanaise), is 'n klein, hoofsaaklik bergagtige land in die Midde-Ooste. Dit is geleë aan die oostekant van die Middellandse See.

Nasa-Satellietbeeld van Libanon
Kaart van Libanon

Libanon se mense het die meeste Westerse invloed teenoor ander Arabiese lande. Hulle word ook deur Sirië beïnvloed aangaande interne sake. Die Christendom is ook nog sterk in Libanon. In die sewentiger jare het Israeliese troepe die PLO-troepe uit Libanon verdryf, omdat die PLO destyds Israel vanuit Libanon aangeval het. Die Christendom van Libanon het in daardie tyd teen die Soennitiese Islamitiese PLO-groep geveg. Nadat die PLO-troepe uit Libanon verdryf is het die Droese- en Sjia-groepe groter invloed oor die Libanese regering begin uitoefen.

Libanon het 'n soortgelyke geskiedenis as Sirië, in die opsig dat albei lande deur die Bisantynse en daarna die Mamelukke en Ottomaanse Ryk beheer is, soos Jordanië.

Libanon bevat ook Assiriërs, Droese, Koerde en Armene, soos Sirië. Mense in Libanon is afstammelinge van Edomiete, Fenisiërs, Armene en Koerde.

Libanon met Beiroet as hoofstad is sedert 1946 'n Arabiese republiek wat aan die oostekant van die Middellandse See geleë is. Die totale oppervlakte is 10 452 km² en die land het 'n totale bevolking van ongeveer 6,8 miljoen in 2018 gehad.

Die ekonomie is hoofsaaklik op die dienstesektor gebaseer en hoewel die land deel is van die Arabiese Liga, word goeie betrekkinge met die Weste gehandhaaf. Daarom is die land betreklik welvarend in vergelyking met die omringende lande. Sedert die Oudheid is daar 'n groot Christelike bevolkingsgroep in Libanon, wat meebring dat hy die enigste Arabiese land in die Midde-Ooste is waar die Moslems amptelik nie in die meerderheid is nie.

Libanon het 'n Middellandse Seeklimaat met warm, droë somers en sagte, reënerige winters. Die klimaatverskille word veroorsaak deur die land se ligging ten opsigte van die Middellandse See en die Libanonbergreeks. Die reënval in die kusvlakte en op die westelike hellings van die Libanongebergte is die hoogste en wissel tussen 700 mm in die suidelike deel van die kusvlakte tot 900 mm in die noorde.

Die oostelike hellings en die Bekaavallei kry baie minder reën. Daar wissel die jaarlikse neerslag van 600 mm in die suide tot meer as 200 mm in die noorde. Vanweë die magtigende invloed van die Middellandse See is die temperatuurverskille tussen somer en winter wes van die Libanongebergte kleiner as in die gebied oos daarvan. Die klimaat het hier ook 'n meer kontinentale karakter, met somertemperature bo 35°C, maar in die winter kan die temperatuur tot onder 5°C daal. Langs die kus daarenteen daal die temperature in die winter selde benede die vriespunt en die somertemperatuur is gemiddeld 27°C.

  1. (en) "The Lebanese Constitution" (PDF). Presidency of Lebanon. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 26 April 2016. Besoek op 10 Augustus 2014.
  2. (en) "World Population prospects – Population division". Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling. Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 1 September 2020.
  3. (en) "Overall total population – World Population Prospects: The 2019 Revision" (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 1 September 2020.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Lebanon". Internasionale Monetêre Fonds. April 2021. Besoek op 18 September 2021.
  5. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 18 September 2021.
  6. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 18 September 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne