Loftus Versfeld

Vodacom Loftus Versfeld

Vorige name Minolta Loftus, Securicor Loftus, Oostelike Sportgronde
Ligging Pretoria, Suid-Afrika
Koördinate 25°45′11.57″S 28°13′22.75″O / 25.7532139°S 28.2229861°O / -25.7532139; 28.2229861Koördinate: 25°45′11.57″S 28°13′22.75″O / 25.7532139°S 28.2229861°O / -25.7532139; 28.2229861
Eienaar Blou Bulle Maatskappy (Edms.) Bpk
Kapasiteit 51 762 (vir sokker en rugby)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1906
Gebou 1914
Geopen 1923
Renovasie 1972, 1974, 1977, 1984, 1989, 1995, 2009
Huurders
Die Blou Bulle
Bulls (Superrugbyspan)
Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns sokkerklubs

Loftus Versfeld is 'n sportstadion in Pretoria, Suid-Afrika. Die stadion het sitplek vir 51 762 mense en het ook losies en 'n verskeidenheid ander fasiliteite. Dit is vernoem na Robert Loftus Owen Versfeld, die stigter van die Pretoriase sportorganisasie. Dit is die tuisveld van twee rugbyklubs (Blou Bulle en Bulls) en twee sokkerklubs (Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns).

Klein verbouings is aangebring om Loftus Versfeld tydens die eerste en tweede rondtes van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 te kon gebruik.[1][2] Verligting van die veld, klanktoerusting, telborde en die stadion se dak is verbeter. Die opknappings is in Januarie 2009 voltooi.[3][4]

Die stadion se hoofingang is by Kirknessstraat 440, en is geleë in 'n driehoek tussen Arcadia, Sunnyside en Hillcrest, aangrensend aan die Universiteit van Pretoria en Afrikaanse Hoër Seunskool.

  1. "Five new stadiums on track for 2010". Creamer Media's Engineering News. 20 Junie 2008. Besoek op 21 Junie 2008.
  2. "How host cities are shaping up: Pretoria" (in Engels). The Times. 23 November 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2008. Besoek op 21 Junie 2008.
  3. Lebogang Seale (12 Februarie 2008). "2010 soccer stadiums under Fifa spotlight". Saturday Star. Besoek op 21 Junie 2008.
  4. "First World Cup stadium completed" (in Engels). BBC. 4 Februarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2009. Besoek op 4 Februarie 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne