Luxemburg

Hierdie artikel handel oor die land in Europa. Vir ander gelyknamige gebruike, sien gerus Luxemburg (dubbelsinnig).
Groothertogdom Luxemburg
Groussherzogtum Lëtzebuerg (Luxemburgs)
Grossherzogtum Luxemburg (Duits)
Grand-Duché de Luxembourg (Frans)
Vlag van Luxemburg Wapen van Luxemburg
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Mir wëlle bleiwe wat mir sinn
(Luxemburgs vir: "Ons wil bly wat ons is")
Volkslied: Ons Heemecht

Hertoglike Volkslied: De Wilhelmus
Ligging van Luxemburg
Hoofstad Luxemburg

49°36′N 6°7′O / 49.600°N 6.117°O / 49.600; 6.117

Grootste stad Luxemburg
Amptelike tale Luxemburgs, Duits, Frans
Regering

Groothertog
Eerste Minister
• Adjunkpremier
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Henri
Luc Frieden
Xavier Bettel
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van die Eerste Franse Keiserryk
• 1ste Verdrag van Londen
• 2de Verdrag van Londen
• Einde van die persoonlike unie


15 Maart 1815
19 April 1839
11 Mei 1867
23 November 1890
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 586,4 km2  (168ste)
998,6 myl2
0,23 (2015)[1]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
660 809[2] (163ste)
643 941[3]
255 / km2 (58ste)
660,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$94,152 miljard[4] (98ste)
$143 304[4] (3de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$89,095 miljard[4] (71ste)
$135 605[4] (1ste)

MOI (2021) 0,930[5] (17de)  –  baie hoog
Gini 33,4[6] –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+01)
MEST (UTC+02)
Internet-TLD .lu
Skakelkode +352
Portaal Europa

Luxemburg (Luxemburgs: Lëtzebuerg, [ˈlətsəbuə̯ɕ], ; Duits: Luxemburg, [ˈlʊksm̩bʊʁk], ; Frans: Luxembourg, [lyksɑ̃buʁ], ), amptelik die Groothertogdom Luxemburg (Luxemburgs: Groussherzogtum Lëtzebuerg, [ˈgʀəʊ̯sˌhɛχtsoːktuːm ˈlətsəbuːə̯ɕ]; Duits: Großherzogtum Luxemburg, [ˈgʁoːsˌhɛɐ̯tsoːktuːm ˈlʊksm̩ˌbʊɐ̯k], ; Frans: Grand-Duché de Luxembourg, [ɡʁɑ̃ dyʃe də lyksɑ̃buʁ], ), is op een na die kleinste staat van die Europese Unie, met 'n oppervlakte van 2 586 km² en 'n bevolking van 660 809 (2023). Dit word begrens deur België in die weste en noorde, Frankryk in die suide en Duitsland in die ooste, vervolgens is dit 'n landingeslote land.

Nasa-Satellietbeeld van Luxemburg

Die geskiedenis van Luxemburg is onskeibaar verbonde met dié van sy buurlande. Vanweë sy sentrale ligging in Europa was die land van groot strategiese belang vir 'n verskeidenheid moondhede. Die geskiedenis van versterkings en kastele, wat in Luxemburg gebou is, strek terug tot in die antieke tydperk toe hier 'n Romeinse fort ontstaan het. Later, in die vroeë middeleeue, is 'n belangrike Frankiese kasteel hier gebou, en tussen die 16de en 17de eeu was dit 'n vesting langs die Spaanse Pad, 'n Europese roete van militêre en ekonomiese belang.

Luxemburg is in sy geskiedenis deur 'n verskeidenheid state en dinastieë geregeer, maar vorm sedert die 10de eeu 'n eie politieke entiteit, al was dit nie steeds onafhanklik of outonoom nie. Vandag is Luxemburg, 'n land van saggies golwende heuwellandskappe en bosse met matige winters en warm somers, 'n erflike konstitusionele monargie met 'n eenkamerparlement – en die laaste onafhanklike groothertogdom ter wêreld.

Danksy die politieke onafhanklikheid het die groothertogdom sy plaaslike dialek, Luxemburgs of Lëtzebuergesch, tot nasionale taal uitgebou. Dit is nou verwant aan die Moeselfrankiese dialekte wat oorkant die grens in Duitsland gepraat word, terwyl Duits ook die eerste vreemde taal en die medium van die mediabedryf is. Frans dien as administratiewe taal.

Die Luxemburgse ekonomie word veral deur die bank-, assuransie- en staalbedryf oorheers. Maar ook die plaaslike landbousektor en wynbedryf speel 'n belangrike rol. Die Moeselvallei, 'n vallei wat oor Luxemburgse en Duitse gebied strek, lewer witwyne van gehalte op. Net soos in ander Europese lande noord van die Alpe is ook bier baie gewild. Die inheemse bosse, mere en rivier lewer 'n verskeidenheid eersterangse produkte op, waaronder haasvleis (Hasenpfeffer of haasbredie is een van die nasionale geregte van die land), Ardenne-ham en forelle.

Luxemburg is 'n stigterslid van die Europese Unie en van die NAVO. In 1999 is die Euro-geldeenheid ingevoer en in 2002 die Eurobanknote en -muntstukke.

  1. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 18 November 2023.
  2. (fr) "Population par âge et sexe au 1er janvier". Statistiek Luxemburg. Besoek op 18 November 2023.
  3. (fr) "Évolution de la population". Statistiek Luxemburg. 10 Februarie 2023. Besoek op 18 November 2023.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Luxembourg". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 18 November 2023.
  5. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 18 November 2023.
  6. (en) "Gini Index – Luxembourg". Wêreldbank. Besoek op 18 November 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne