Lys van lande volgens oppervlak

Lande volgens oppervlak.

Hierdie artikel bestaan uit 'n lys van lande gerangskik volgens oppervlak. Die lys gee die rang van soewereine state sowel as selfregerende afhanklike gebiede. Totale oppervlak word gegee wat land en binnelandse watermassas (mere, damme, en riviere) insluit. Mariene interne watergebied, gebiedswaters en Eksklusiewe Ekonomiese Sones word nie ingesluit nie. Lande se aansprake op dele van Antarktika word ook nie ingesluit nie.

  • Selfregerende afhanklike gebiede (geklassifiseer deur die VN) word apart gelys van hulle soewereine staat en word in skuinsgedrukteletters weergegee.
  • Antarktika is die 5de grootste kontinent en beslaan sowat 14 200 000 km². Die volgende lande het gebiedsaansprake op die kontinent: Argentinië (969 000 km²), Australië (6 120 000 km²), Chili (1 250 000 km²), Frankryk (432 000 km²), Nieu-Seeland (450 000 km²), Noorweë (2 500 000 km²) eb die Verenigde Koninkryk (1 395 000 km²), wat tot 'n mate oorvleuel. Die oppervlak van 90 grade Wes tot 150 grade Wes (2 100 000 km²) is tans onopgeëiste gebied. Volgens die Antarktiese Verdrag is die nasionale aansprake gevries en daarom word die gebiede nie ingesluit in die onderstaande syfers nie.
  • Vlag van Europese Unie Die Europese Unie is 'n sui generis supranasionale unie. Die entiteit bestaan uit 27 lidlande. Die totale oppervlak van die 27 lidlande is 4 422 773 km² wat dit die sewende grootste land sou maak as dit ingesluit sou word (3,0% van die wêreld se landoppervlak).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne