Menseregte

Die Magna Carta was die wêreld se eerste dokument wat 'n vors (heerser) se verbintenisse tot sy mense om sekere wetlike regte te respekteer

Menseregte verwys na die "basiese regte en vryhede waarop alle mense geregtig is, wat dikwels geag word as sou dit die reg tot lewe en vryheid, vryheid van denke en uitdrukking en gelykheid voor die reg insluit."[1] Die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte stel dit as volg: "Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree."[2]

Die idee van menseregte is afkomstig vanaf die filosofiese idee van natuurlike regte wat deur God daargestel is;[3] sommige mense erken bykans geen verskil tussen die twee en beskou beide as verskillende etikette vir dieselfde begrip terwyl ander verkies om die terme te skei om enige verbintenis te elimineer met begrippe wat tradisioneel met natuurlike reg verband hou.[4] John Locke is waarskynlik die belangrikste filosoof wat hierdie teorie ontwikkel het. Die belangrikste dokument waarop die moderne Universele Verklaring van Menseregte gebaseer was is die "Déclaration des droits de l'homme et du citoyen de 1789" wat gedurende die Franse revolusie geskryf was.[5]

  1. The American Heritage Dictionary of the English Language, Fourth Edition
  2. http://www.unhchr.ch/udhr/lang/afk.htm
  3. Natural rights, The Columbia Electronic Encyclopedia (2005) http://columbia.thefreedictionary.com/Natural+rights
  4. Peter Jones. Rights. Palgrave Macmillan, 1994, p. 73
  5. Natural rights, The Columbia Electronic Encyclopedia (2005) http://columbia.thefreedictionary.com/Natural+rights

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne